Plasings

Wys tans plasings vanaf Oktober, 2009

deci!!

Hy lê in die bed langs my en ek sê vir hom dat sy "bottie" nie reg is nie (dis milo wat ek die vorige aand al vir hom gemaak het). hy dink so rukkie en sê :"my bottie links?"

nog deci!

Declan kyk vandag na sy kameelperd: "Mamma, waar is die kameel se perd?"

Declan se oulike sê-goed

Soos mense seker nou al moet weet, is Declan my en Pieter se seuntjie. Hy is verseker die oulikste seuntjie in die wêreld (soos almal seker ook weet!) Ek het gedink om net bietjie te begin om sy oulike sê-goed neer te skryf, want hy is nog nie eers 2 nie, maar hy praat vol sinne! As ons in die kar ry, dan sê hy "mamma jaag die karre!" Hy is lief daarvoor om met 'n handoek te loop (opgerol in 'n bondeltjie) en te sê dis sy "klein babatjie". Hy sit vandag op die trappie in die badkamer terwyl ek bad, en hy sê: "ek nou heavy hartseer!" Hy word baie oggende wakker dan sê hy; "Mamma ek nou wakker! Ek sooo bly!" Hy sê dikwels vir my: "Mamma, ek lief jou!" "Mamma ek jou by sit" (Mamma, ek wil by jou sit) "mamma, ek nog klein" "Deci groot seun!" Vandag ry ons verby koeie in die veld, en hy sê "Mamma!!! Kyk al die baie olifante!" Ouma het 'n roos-ringetjie gekoop, en Deci sê: "Ouma, ek ook