Plasings

Wys tans plasings vanaf 2012

Friendship and judgment

When someone starts doubting your friendship, and calling your words of rebuke "judgment" I think it is high-time to evaluate what you think true friendship really is. A google-search brings up all the corny values of it; some of them are that they accept you for who you are, they don't judge you; they walk in when the rest walk out, etc. etc. I think that those things are true - in part, but that they paint a partial picture. The ultimate source of truth (for me anyway) states that  "the wounds of a friend are faithful",  and " As iron sharpens iron, so a man sharpens the countenance of his friend." (Proverbs 27) If true firendship means that I make you feel good about yourself and I make you feel valued, that i think you are wonderful and without fault and that you are right when all the others are wrong -  then I think that we have missed the point. Yes - hopefully some of the time, that will be the case, but once our mutual love and resp

'n Beet-erige dag

Prent
Vandag het ek so geinspireerd gevoel met die dat my ma hier kuier en ons aan die boek werk, dat ek besluit het om die baie spinasie en bietjie beet in ons groentetuin te oes en te verwerk, sodat dit nie sleg word nie. Die week was nie so goed vir ons tuin nie, ons hond, Bolt, het besluit dat hy baie van mielies hou, en sy handewerk het Pieter se mielie-oes verwoes. My man se hart is baie seer daaroor. Ek het nie geweet honde vang sulke goed aan nie. Ons sal maar 'n heining moet omspan, nie net vir die kleine Charma nie, maar ook vir Bolt. In elk geval, die res van die beddings lyk darem nog OK. Ons butternuts kom mooi aan  Die spinasie, en die beet groei ook mooi, met so paar random tamatie-plantjies tussen-in  Ons oes vir gisteraand se ete saam met my boetie :-) So, in elk geval - terug by die beet. Ek het eintlik vergeet dat ek baie van beet hou, en so ruk terug, met een van ons baie "hamburger-aande", het ek die amazing smaak van beet en rocket-blare

Kersfees-koekies!

Prent
Ek en my niggie Keara-Lin dreig nou al 'n rukkie om koekies te bak vir kersfees. So sy het toe uiteindelik gister die hele dag hier by my kom kuier en ons het 2 bakke vol koekies gebak! Ons het eers 'n Golden Cloud boks-koek gebak en cupcakes gemaak van dit Kyk net hoe mooi lyk dit! Dis nou nie - "food-magazine" kwaliteit nie, maar goed genoeg vir my blog, dink ek! Daar moes toe natuurlik ook tee-tyd gehou word! Toe begin ons met die soetkoekies - altyd 'n wenner!  Keara bestudeer haar handewerk met 'n kritiese oog - Kyk net hoe mooi :-) Die volgende batch was biscotti -- mmmmmmmm----  eweredig verdeel... :-P Feast your eyes! En laastens vanilla crescents Al die resepte wat ons gebruik het is op my pinterest-profile: http://pinterest.com/rutcloete/christmas-cookie-time/

Boeremeisie update

Prent
So, ons voel heel tevrede met ons groentetuintjie. Dit is bietjie motivering om voor die rekenaar-skerm uit te skuif en buite in die son te wees saam met die kinders, dit is bietjie fisiese oefening (het daai een BAIE nodig!) en dit help ons om weer bietjie groente te eet. (alhoewel dit my nou huidiglik inspireer om daaroor te sit en "blog"!) Pieter het 'n "kick-ass" beesvleis pastei resep uitgedink, en ons is van plan om elke Vrydag-aand (sover ons kan) mense oor te nooi vir ete. Dis 'n jammerte dat ek nie foto's geneem het van die ete's wat nou al verby is, maar nouja, miskien sal party van ons gaste verlig wees om nie op die internet op 'n blog te wees nie! Ons eerste "wortel-oes" Ons wortel-bedding gee vir my baie vreugde :-). Nikolai en Deci het dit gehelp plant, en ons het toe nie geweet dat jy die wortels moet meng met 'n bietjie grond nie, so ons wortels is nogals baie "crowded", maar daar is tog so paa

My dogtertjie - Charma

Prent
My Charma-meisiekind is 'n regte ou sonstraaltjie! Sy is vrolik die meeste oomblikke van die dag, maar sy het 'n frons wat uitkom wanneer haar sterk willetjie 'n bedreiging ervaar. Sy is baie lief vir haar mense en haar plekkie. Mamma, pappa, boeta, Kelina en Bolt moet by haar wees, en sy moet asseblief met haar eie kombersie (wat ouma Charlotte gemaak het), in haar eie bedjie in haar eie kamer slaap. Anders "suffer" ons almal. Hier is sy in haar bedjie Sy is mal daaroor om buite te speel. Sy HARDLOOP vir die deur as enige iemand waag om dit oop te los. Ek het nog teen dit geveg toe dit so koud was, maar noudat die dae lekker warmer word hier in Gauteng, laat ek haar toe, en sy geniet dit vreeslik.

My seuntjie - Declan

Prent
My seun is nou 4 jaar oud, en hy word 5 oor minder as 'n maand! Hy was van geboorte af by my, behalwe so 2 maande wat hy in 'n kleuterskool was toe ons verskriklik baie werk gehad het. Sy beste maatjie is sy nefie - Nikolai: Vandat Nikolai in Graad R is in Dr Verwoerd, kan Declan nie meer wag om Constantia Park Laerskool toe te gaan nie. So vir hierdie mamma wat al amper 5 jaar lank vasklou aan haar seuntjie, is dit terselftertyd WONDERLIK en AAKLIG om te dink dat hy volgende jaar skool toe sal gaan. Hy love   dit om soos karakters "op te dress". Hy het al 'n hele krat in sy kamer vol "dress-up" klere. Hier is hy soos 'n seerower: 'n superhero: 'n ridder: Sy oupa Wynand het vir hom die swaard en die skild gemaak. Die Valkonier is die Cloete's se familiewapen. Die helm het ons so jaar of twee terug gemaak uit papier. Hy het ook baie maskers al gemaak - hierdie een het hy by 'n partytjie gekry so jaar terug, en