Plasings

Wys tans plasings vanaf September, 2012

My dogtertjie - Charma

Prent
My Charma-meisiekind is 'n regte ou sonstraaltjie! Sy is vrolik die meeste oomblikke van die dag, maar sy het 'n frons wat uitkom wanneer haar sterk willetjie 'n bedreiging ervaar. Sy is baie lief vir haar mense en haar plekkie. Mamma, pappa, boeta, Kelina en Bolt moet by haar wees, en sy moet asseblief met haar eie kombersie (wat ouma Charlotte gemaak het), in haar eie bedjie in haar eie kamer slaap. Anders "suffer" ons almal. Hier is sy in haar bedjie Sy is mal daaroor om buite te speel. Sy HARDLOOP vir die deur as enige iemand waag om dit oop te los. Ek het nog teen dit geveg toe dit so koud was, maar noudat die dae lekker warmer word hier in Gauteng, laat ek haar toe, en sy geniet dit vreeslik.

My seuntjie - Declan

Prent
My seun is nou 4 jaar oud, en hy word 5 oor minder as 'n maand! Hy was van geboorte af by my, behalwe so 2 maande wat hy in 'n kleuterskool was toe ons verskriklik baie werk gehad het. Sy beste maatjie is sy nefie - Nikolai: Vandat Nikolai in Graad R is in Dr Verwoerd, kan Declan nie meer wag om Constantia Park Laerskool toe te gaan nie. So vir hierdie mamma wat al amper 5 jaar lank vasklou aan haar seuntjie, is dit terselftertyd WONDERLIK en AAKLIG om te dink dat hy volgende jaar skool toe sal gaan. Hy love   dit om soos karakters "op te dress". Hy het al 'n hele krat in sy kamer vol "dress-up" klere. Hier is hy soos 'n seerower: 'n superhero: 'n ridder: Sy oupa Wynand het vir hom die swaard en die skild gemaak. Die Valkonier is die Cloete's se familiewapen. Die helm het ons so jaar of twee terug gemaak uit papier. Hy het ook baie maskers al gemaak - hierdie een het hy by 'n partytjie gekry so jaar terug, en

Ons lewe op die oomblik - ons groentetuin

Prent
Ek het gedink ek wil net bietjie post oor ons lewe op die oomblik. Na so 2 of 3 jaar se "non-stop" werk, het ons besluit ek sal bietjie terugstaan en vir Pieter die leisels van die besigheid oorgee, sodat ek net 'n mamma kan wees terwyl on kindertjies nog sie klein is. Meeste van die dae gaan dit goed, maar so elke nou en dan is dit nogsteeds nodig dat ek moet inspring en help. In elk geval, ek het gedink dit sal goed wees om neer te skryf wat dit is wat ek toe intussen begin doen het, om te "check" of ek wel regrky om mamma te wees, en seker te maak ek verander nie in 'n lui mens nie! Een van die lekker dinge waarvoor ek nou party dae tyd voor het, is ons groentetuin. hierdie is ons rytjie wortels. Daar was definitief meer geplant, maar Bolt het dit uitgegrawe, of Moses het dit uitgespit. Die is die "chinese cabbage". Ek kan eintlik glad nie onthou hoeveel ek geplant het nie, maar daar is net een plantjie wat uitgekom het. Sover ly