Plasings

Wys tans plasings vanaf 2018

Week 26 in Afrikaans - Lambertsbaai

Prent
Lambertsbaai was ons volgende stop. Pieter het vir ons 'n pragtige plekkie bespreek met 'n dakkamer (wat Charma onmiddelik ge"deps" het!) en 2 slaapkamers onder... so hier is slaapplek vir 5 mense maar dis gelys as 'n 4-persoon huisie. Ons huisie in Lambertsbaai Ons was bietjie vroeg al gereed om in te boek want Vredendal is nie so ver van hier af nie en 'n tannie wat hier naby bly (die opsigter) het gou kom kyk of alles reg is vir ons. Sy het baie vinnig gesê ons moet nie daar bo slaap nie want hulle het al 'n "insident" gehad. Charma se gesiggie het dadelik geval en ek het net vir haar gesê "sssjjjt" want ek het gedink as sy by Mtunzini nie by die leer afgeval het nie sal sy sekerlik nie by die trappies hier afval nie. Trappies na die boonste kamer Hier is gelukkig 'n Spar hier waar ons inkopies vir die week kon doen en lekker strate vir fietsry (so ons kon redelik "lig" ry van Vredendal af sonder inkopi

Week 25 - In Afrikaans (Garies, Vredendal, Calvinia, Nieuwoudtville)

Prent
Oppak is so 'n fees sonder die sleepwa. Maandag het ons tjoef-tjaf opgepak en pad gevat Garies toe. Die "locals" korrigeer ons vinnig as ons dit uitspreek met 'n "g" soos in "gras". Dit is "g" soos in die engelse "grass"! Die grondpad van Hondeklipbaai tot by Garies het ons mos toe al gery en die keer kyk ons toe mooi uit vir "Simson se moer" soos party hom noem. Ander noem hom "Goliat se albaster". Dit is 'n ronde rots wat in die middel van nêrens lê. Baie indrukwekkend en dit laat mens wonder hoe hierdie rotse en formasies daar gekom het. Goliat se albaster In Garies moes ons eers bietjie stop en werk doen. Dit was kokend warm (in kontras met die ysige koue by Hondeklipbaai die dag tevire) en ons het weggekruip in ons huisie met lugversorging in. Die kinders moes maar skoolwerk doen terwyl ons gewerk het en eers later daai middag is ons bietjie in die kar om die "Letterklip" te soe

Week 24 (In Afrikaans) - Hondeklipbaai

Prent
Na 'n naweek van begin skoonmaak en pak en weer ophou het ons Maandag(!) uiteindelik finaal opgepak en aan die gang gekom. Dit het omtrent 3 ure gevat om vir almal totsiens te sê. Dit het gevoel of ons net sowel bietjie langer kon bly... Die kinders se maatjies, Carter en Jayden, en ons liewe tannie Jossie het so lekker laaank met ons gesels voor ons daar weggekom het. Maar toe ons uiteindelik wil ry, toe wil die kar nie "start" nie en die een wiel is pap! Tannie Jossie, by wie ons laaste tee gedrink het, bel toe haar seun en hy ry toe spesiaal om vir ons te kom help. Ons volgende stop was Hondeklipbaai. Die pad soontoe het baie roetes. Almal het ons gemaan om te ry op 'n sekere manier wat bietjie meer kilometers is, maar meer teerpad en minder sinkplaat grondpad. Iewers het ons egter iets misgery en ons is toe op die ou einde omtrent heelpad grondpad tot daar. Dit was ook oraait want ons het die mooi landskap geniet en selfs op een plek 'n skilpad wat in

Week 23 - In Afrikaans (Laaste-laaste week in Springbok)

Prent
Oumense is die beste mense. Hulle het tyd vir nog 'n koppie tee en 'n vinnige geselsie. Tyd vir nog 'n drukkie en nog 'n keer dankie sê. Hulle jaag nie na die volgende vergadering of byeenkoms nie en is regtig baie bly om jou te sien of te ontmoet of dalk weer te sien. Hulle is in die vertreksaal en geniet die tydjie wat hulle nog hier by ons het en sien ook uit na die nuwe lewe wat voorlê. Dit is wat die week vir my uitgestaan het. Declan het elke middag met sy maatjie sokker gespeel, hulle was skoon hartseer toe hulle mekaar gegroet het Die tannie wie se huisie ons huur in Springbok het kom inloer en verskoning gevra dat sy nie al lankal kom tee drink het nie. Sy het alreeds 2 keer sommer uit haar eie vir Charma by haar laat speel en rustig met haar tyd spandeer. Sy het kom vra hoe dit gaan en of ons darem 'n lekker maand gehad het. Sy het vertel haar kleinseun is gebore en hulle gaan bietjie vir hom gaan kuier en dat sy nie hier gaan wees as ons ry n

(Week 22 in Afrikaans) - Port Nolloth, Goegap Natuurreservaat en laaste week in Springbok :-)

Prent
Port Nolloth was so mooi dat ons Maandag besluit het om nog 'n aand daar oor te slaap. Ons het toe in McDougal's baai geslaap so klipgooi van daar af. Ons huisie op Mcdougalsbaai Dit het my herinner aan vakansies toe ek klein was en ek het vir Charma gesê hier sal ons vir seker pampoenskulpies optel. Ek onthou toe ek klein was hoe dit 'n hoogtepunt in my lewe was dat ek sulke mooi skulpe "ontdek" het op die strand en tussen die rotse. En die herinneringe het teruggespoel in my hart: die "stink" reuk van die seewier wat oral uitgespoel lê met klein goggas wat rondwoel om dit en die skatkiste in die sand van skulpe. Ek het toe ek klein was, roomysbakke vol seepampoentjies gehad, naderhand het ek dit uitgedeel as kersfeespersente en kersies daarmee gemaak want daar was nie meer plek in my kamer daarvoor nie. Dit was hemels. Jag vir pampoenskulpies Dit was dieselfde opwinding wat ek kon sien in Charma se ogies soos sy daai strand gefynkam het.

(Week 21 In Afrikaans) - 'n Koue week in Springbok en op tot in Luderitz (Namibie)

Prent
Ek wens partykeer my oë was kameras. Dan kon ek elke beeldskone oomblik vashou en onthou. My foon se kamera en my vinger-op-die-knoppie-kry is net te stadig om alles vas te vang wat ons sien so in die verbyry. Ek het letterlik nie woorde om hierdie mooie plek te beskryf nie. Ons week in Springbok was ysig koud. Ek weet nie of dit normaal is nie maar dit is absoluut onverwags. Nêrens in my gedagtes het die moontlikheid ooit opgekom dat ons in Springbok in September minus temperature gaan beleef nie. Dank die Vader ons het ons slaapsakke nie ook in die sleepwa op die plaas gelos nie, anders sou dit darem erg gewees het. Ons het almal heelweek ons warmste klere gedra. Dit was ook die eerste keer wat ek na my eie huis verlang het. Ons het besluit om die naweek in Namibië in te ry. By die Vioolsdrif grenspos ingegaan en oor die Oranjerivier gery tot in Namibië. Al langs die Visrivier langs en deur Rosh Pinah. 

(Week 20 - In Afrikaans) - Van Noordwes tot in die Noordkaap

Prent
As ons Sondag soos kinders gevoel het met ons gespelery by Sun City dan het ons lywe ons Maandag goed herinner dat ons nie meer 10 is nie! (Dit tel nou net vir my en Pieter, natuurlik). Die Pilanesberg natuurreservaat het ons verras met 3 leeuwyfies langs die pad. Ons het stilgehou en hulle seker 'n goeie uur lank dopgehou. Al drie was baie wakker en besig om iets stip dop te hou. Die een wyfie het toe opgestaan en met haar kop laag en nek lank in die rigting in beweeg wat hulle 3 dopgehou het.  Daar was blouwildebeeste in daai rigting en dit het gelyk asof sy hulle gaan aanjaag van daardie kant af in die rigting van die ander 2 wyfies wat intussen ook nader begin beweeg het. Dit is darem maar mooi om die reuse katte dop te hou in aksie, die interessante ding was ook om te sien hoe ingestel hulle op mekaar ook is.  Hulle het lank so in eenheid beweeg, die voorste leeu wat met 'n wye draai loop om die blouwildebeeste in die regte rigting te forseer, en d