Plasings

Wys tans plasings vanaf Julie, 2018

Week 7 - In Afrikaans

Prent
gepak! Dit het amper gevoel asof die tyd te vinnig gevlieg het. Asof ons eintlik nog so maand of wat moes bly op die plaas.  groet die beeste Ons was eintlik nie regtig so lus om op te pak nie en het begin gesels oor 'n moontlike terugkeer in Julie. Junie was egter geboek en betaal so ons moes eenvoudig fort. Donderdag het ek die HELE FREAKIN DAG gepak en skoongemaak (ek vind goed beter as ek skoonmaak..) en Pieter het hekke gebou saam met sy pa. Die hekke het hom tot baie laat besig gehou en dit het tussenin gereën so ongelukkig was die tetris-meester nie beskikbaar om die kratte se inhoud mooier pak nie.. Dit het egter mooi uitgewerk... dink ek.... alhoewel toe ons aan die anderkant uitpak was ek nogal verstom oor hoe baie gaatjies nog beskikbaar was vir goedjies om ingedruk te kon word... ag wat, so leer mens maar. Die rak wat Pieter gebou het werk flippin goed! Die sleepwa het nou meer plek, niks is vasgemaak op die kar se dak nie en ons het lekker gemaklik g

Week 6 - In Afrikaans

Prent
Nog 'n week is verby en ons tyd hier op die plaas is vinnig besig om uit te loop. Ons sal so maklik hier kon "stuck" raak as ons volgende bestemming nie alreeds bespreek en betaal was nie! Ons gesinnetjie se dinamiek is nogal besig om te verander met die kinders wat 'n baie hegter band vorm, maar ook in dieselfde asem hewiger begin baklei.  Konflik tussen die sibbe Hierdie week was 'n mylpaal bereik daarin dat hulle 'n ordentelike werkie gedoen het met die opmaak van beddens. Hulle was ook nou skottelgoed op so manier dat daar nie meer vet aan vassit as dit "skoon" is nie en bêre ook skielik nou droë borde in die kas. Die plaaslewe is goed vir hulle! Mooi opgemaakte beddens Ons staan "redelik gereeld" almal op om te gaan draf, dan hardloop Declan ons almal weg en sit heel verveeld by die huis en wag tot ons terug is. Ek en Charma loop en fotos neem en draai om sodra Pieter verby ons draf. Met die dat my sk

Week 5 - In Afrikaans

Prent
Hierdie week was lekker vol gewees. En yskoud. Ek wens ons kon vir Charma die sneeu gaan wys het wat net so ent weg in die drakensberge geval het die week. Maar ons was bietjie besig. Meestal met skoolwerk en "werk" werk maar darem het ons lekker goed ook gedoen. Declan het hierdie week 2 praatjies uitgewerk vir assesering, die een was oor die "Secret San" oor wie ons bietjie geleer het by Nottingham Fort. Sy ander praatjie was een waarin hy instruksies en 'n demonstrasie gegee het hoe om 'n kompas te maak. Dit was nogal oulik. 'n Groot lekkerte die week en nuwe ondervinding vir die kinders was om na die veiling toe te gaan op Normandien. My skoonma doen die kos stalletjie en ons het gaan help in die kombuis met broodjies maak, jaffels maak, kerrie en rys opskep en verkope. Charma was absoluut "in awe" van alles. Die beeste wat van die trokke afgejaag word in die hokke in, die man wat so snaaks praat as die veiling begin en oup

Week 4 - In Afrikaans

Prent
Ons het 'n heerlike vol week gehad hier op die plaas. Dis asof mens baie langer en dieper hier slaap, so ek het gesukkel om in my ou roetine van vroeg opstaan te kom. Die kinders moes elke dag skoolwerk doen terwyl ek en Pieter moes werk werk werk. My skoonouers is heerlik gasvry en ons het een hele deel van die huis vir onsself. Ons sleepwa het een hoek wat besig is om te roes en Pieter het ingegaan dorp toe om dit reg te kry. Hierdie week beplan hy om 'n beter rak te bou vir ons sleepwa om meer spasie beskikbaar te maak in die kar. Die kinders het heelweek buite gespeel na hartelus. Wanneer ons uiteindelik onsself soggens uit die bed gesleep het, het ons ook gaan draf. Of eerder, Declan en Pieter het... ek het gewandel. Pieter het die kinders verras met boomerangs en dit hou hulle heerlik besig tussen skoolwerk en ander speletjies. Ons probeer bietjie zulu ook leer tussenin. Sover kan ons amper 10 sinne sê. Na 'n lekker vol week (ons was uitgeput van