Plasings

Wys tans plasings vanaf Augustus, 2018

(Week 15 - In Afrikaans) Ons bly in Ulundi

Prent
Ons het omtrent 5 ure geneem om alles weer op te pak in Mtunzini. Ek moet sê die draak (aka - die mamma) was heel rustig hierdie keer en niemand het seergekry nie. Die volgende stop: Ulundi. Die hart van Zululand. Oppad was ons omring deur verskillende skakerings van groen heuwels. Suikerriet landerye en inheemse woude. Riviere en stroompies . Ek verstaan heeltemal hoekom Piet Retief hier wou land beding vir sy mense. As die sleepwa gehaak is wil ons nie regtig baie stop om plekke te besoek nie, maar Kwabuluwayo was so op ons pad, ons kon nie anders nie. Dit is waar Shaka se kraal was.  Ongelukkig was die groot swaar hekke na die terrein toe en die beeste wat daar rond wei kon ons nie sê hoe mens inkom nie. Net toe Pieter begin lus voel om aan te beweeg toe sien ek 2 selfoon nommers teen die hek. Ek het dit eers geignoreer want dit het gelyk soos daai plakkate oral in Jhb opgeplak wat muthi verkoop aan mens vir allerhande persoonlike probleme. Maar om mnr Cloete te keer dat

(Week 14 - In Afrikaans) Laaste week in Mtunzini

Prent
So hierdie week het ons onsself in 'n baie bevoorregde posisie bevind en dit ten volle benut. Wat kan nou nog meer bevoorreg wees as om deur die land te toer? Wel, natuurlik om oupa en ouma by jou te hê om die kinders bietjie dop te hou terwyl mamma en pappa gaan "galavant"! My ma hulle is ongelukkig Vrydag huistoe, so die voorreg was net 'n klein rukkie 'n werklikheid... Maandagoggend het ek en Pieter gaan fietsry in die bos en deur die natuurreservaat. Ons het baie bokkies gesien en spore van watermuishonde en zebras en apies.  Ek het uitgekyk vir krokodil spore en het gelukkig nie een raakgesien nie! Dit was heerlik om fiets te ry, veral omdat al die paadjies papnat was van die vorige week se nat weer (*grappie*). Wat nog lekkerder was, was dat ons 'n "kortpad" gekry het deur 'n vlak deel van die rivier. Pieter het voor gery en nadat ek hom bietjie dopgehou het om te sien of hy gaan vassit en om dop te hou of ek dalk 'n krokod

(Week 13 - In Afrikaans) - Ons is in Mtunzini

Prent
Mtunzini is eintlik baie naby aan Tugela Mouth, so toe ons 10uur Maandagoggend daar wegtrek het ons lank voor 2uur hier aangekom, selfs met die stop tussenin in Richardsbaai om die wiel reg te maak en inkopies te doen. Ek het nie gedink ons sou vroeër kon inkom as 2uur nie maar die mense was vriendelik en het ons ingelaat. Die lekkerte waarna ons almal uitgesien het was dat ons weer bietjie my ma en pa sal sien, en NOG 'n bonus was dat die kids se nefie Nikolai ook saam sou kom!  Ons kom nou al die laaste 7 jaar omtrent elke jaar saam met my ma hulle hierheen in die winter vakansie. Terwyl dit onder vriespunt is in Gauteng, loop ons dan lekker met kortmoue rond hier by die see. Ons is feitlik binne in 'n natuurreservaat (Umlalazi) en die natuurlike woud wat elke houthuisie omring laat dit voel asof jy nie naby ander mense is nie. Toe ons die eerste keer in hierdie houthuisies gebly het, was een van Declan se gunsteling stories "Die 3 klein varkies". Ons het hard