Plasings

Wys tans plasings vanaf Desember, 2018

Week 26 in Afrikaans - Lambertsbaai

Prent
Lambertsbaai was ons volgende stop. Pieter het vir ons 'n pragtige plekkie bespreek met 'n dakkamer (wat Charma onmiddelik ge"deps" het!) en 2 slaapkamers onder... so hier is slaapplek vir 5 mense maar dis gelys as 'n 4-persoon huisie. Ons huisie in Lambertsbaai Ons was bietjie vroeg al gereed om in te boek want Vredendal is nie so ver van hier af nie en 'n tannie wat hier naby bly (die opsigter) het gou kom kyk of alles reg is vir ons. Sy het baie vinnig gesĂȘ ons moet nie daar bo slaap nie want hulle het al 'n "insident" gehad. Charma se gesiggie het dadelik geval en ek het net vir haar gesĂȘ "sssjjjt" want ek het gedink as sy by Mtunzini nie by die leer afgeval het nie sal sy sekerlik nie by die trappies hier afval nie. Trappies na die boonste kamer Hier is gelukkig 'n Spar hier waar ons inkopies vir die week kon doen en lekker strate vir fietsry (so ons kon redelik "lig" ry van Vredendal af sonder inkopi