Plasings

Wys tans plasings vanaf Maart, 2019

Week 49 - Oppad na Mosselbaai (vuurstorms, klipgolwe en ewige gebergtes)

Prent
Maandag was dit basies ons laaste dag in Stellenberg. Pieter en Declan het saam met ons vriend Craig gaan rotsklim en ek en Charma het gaan fliek. Ons het die nuwe "How to train your dragon" gaan kyk. Bo-op Paarl Rots  Declan het sy eerste "lead" ingekry op die "multi-pitch" roete. Dit beteken hy klim eerste en is verantwoordelik om die tou elke keer mooi in te "clip" in elke anker in die rots. Hy was op wolk nommer 9! Ek en Charma het lekker van winkel tot winkel gestap en onsself verkyk aan al die mooi goed. Na ons fliek het ons roomys geëet vir middag-ete, en toe kry ons 'n uber om ons huistoe te neem. Oppad na Riversdale het ons in Montagu gestop vir middag-ete Dinsdag het ons binne 2 ure gepak en alhoewel al ons goed kleintjies gekry het, het ons EN ons goed alles in die kar gekom. Dit is baie eienaardig hoe ons dit regkry om so op te gaar op hierdie padrit van ons. 'n Mens sou dink dat ons dit nou al sou afgeleer he

Week 48 - Ons laaste paar avonture in Kaapstad

Prent
Die eerste deel van die paadjie in die kloof op Ons week het met 'n "bang" begin toe ons Maandagoggend die "Crystal Pools" staproete naby Gordonsbaai gaan doen het. As mens net deur Gordonsbaai gery het, dan is daar so parkeer area aan die regterkant van die pad. 'n Mens stap dan na die oorkant van die pad, en wys jou permit by die wendy-huisie om by die hek in te stap. Dis 'n steil 2 km roete in die Steenbras-kloof op tot by die eerste groot poel. Van daar af kan jy besluit of jy wil terugstap en of jy verder in die kloof wil opstap om die ander 4 poele te gaan verken. Heel bo Ons het gekies om verder te stap - tot bo-op die hoogste punt waarvandaan ons kon kyk tot teen die Steenbrasdam se wal en al die pad onder tot by die see. Al die poele was heerlik om in te swem, en alhoewel die dag redelik koud begin het, het ons vinnig warm begin word. Ek moet sê hierdie Kaapse berge met hulle diep donker poele het my hart gesteel. Dit is regtig bes

Week 47 - Lessies om te leer

Prent
Ek het 'n fout gemaak. Ek het gedink Declan is klaar met sy eerste kwartaal se werk, en toe is hy nie. Die asseserings is gemerk 1.1, 1.2, 1.3 ens. - per vak en al die ander vakke was die eerste kwartaal werk "1-punt iets" en die tweede kwartaal "2 punt iets".... nouja. Impaq het toe besluit met Afrikaans en Engels werk dit nie so nie. Dit kom ek toe met 'n skok agter. Dit beteken dat ek presies die helfte van die Afrikaanse en Engelse asseserings nie klaargemaak het met Declan nie. Met meeste van hierdie tipe goed is dit net ek wat daaroor bekommerd is. (Arme ek.) Declan is net bekommerd daaroor want dit beteken ek is kwaaier en ongeduldiger. Nie regtig omdat hy vreeslik bekommerd is oor skoolwerk nie. As dit van hom afgehang het, was dit heeltemal oraait dat die asseserings nie gedoen is nie. Meer tyd vir speel.  Maar wanneer die mamma van die huis uigestress is oor iets, verander die hele huishouding in een bolletjie stress. Ons vrouens is mos van

Week 46 - Welkom in Kaapstad

Prent
Ons het nie baie goed oor op ons lysie van goed wat ons nog wil sien of doen in Kaapstad nie. Ten minste dink ons nie so nie. Een van die goed is egter om die rooi bus toer te doen. Ons het toe sommer aanlyn bespreek vir 2 dae - Maandag en Dinsdag. Daar is 4 "loops" wat ons kon ry. Die rooi lyn ry so sirkel roete al langs die kuslyn af, die pers roete is so mini wynroete, die blou lyn is die skiereiland roete en die geel een is die middestad een. Ek was verbaas om te sien hoeveel goed ons eintlik alreeds gedoen het sonder om die rooi bus te ry. Wat dit egter nogsteeds lekker gemaak het was dat daar soveel ekstra inligting gegee word oor elke besienswaardigheid. Ons kon meeste van die tyd sommer net sit en ry en luister, sonder om regtig af te klim - want ons was alreeds by die plekke gewees. In die Rooi Bus Ons probeer weer om in ons gewoonte te kom om padkos in te pak as ons so rondrits - dit help darem maar regtig met onkostes spaar. So, sakkies gepak het ons toe st

Week 45 - Ons laaste week in Onrus

Prent
Laasweek Sondagaand toe Declan en Pieter gaan surf het by Grotto - het ek, my ma, pa en Charma uiteindelik die "Cliff Path" in Hermanus gaan stap. Al die pad van die ou hawe af tot by Grotto strand. Dit is 'n vreeslike mooi paadjie verby die mooiste baatjies en strande met lekker Afrikaanse name soos "Kwaaiwater", "Skulpiesbaai", "Langbaai" en "Kammabaai". Oral het mense piekniek komberse, tafeltjies en stoele, met 'n bottel wyn en versnapperings uitgepak op die strande en by die bankies om die son te sien sak oor die mooiheid rondom ons. Dit was so spesiaal gewees. Op die "Cliff path" in Hermanus (Google maps sê dis so amper 6 kilometer maar omdat ons lekker rustig gestap het, het ons amper 3 ure lank gestap! Toe voel dit baie lank :-)) Tyd vir 'n breek :-) Maandag het ek en my ma-hulle na middagete gery om oor te slaap in Stellenberg om die volgende oggend 5uur by die lughawe te wees sodat hulle k