Plasings

Wys tans plasings vanaf April, 2019

Week 53 - Ons laaste week in Mosselbaai

Prent
Hierdie week is die begin van ons nuwe jaar op die pad. Baie planne en gedagtes vloei deur ons huis en ons staan verstom met hoe ver ons gekom het. Vandag 'n jaar terug was ons maar nog baie op ons senuwees oor wat vir ons voorlê en nou kyk ons terug met harte wat oorloop van dankbaarheid. Ons sien uit na die jaar wat voorlê en die keer is ons meer gerus oor die moontlikhede en avonture wat vir ons wag. By die oorspronklike eerste "poskantoor" in Afrika Hierdie week voel eintlik of dit net te veel en te vinnig was. Maandag het ons die Dias museum gaan besoek en die posboom. Ek dink ons is al OP-ge museumbesoek... dit het net uitgeloop in kinders wat vreeslik honger en dors is, ons wat geirriteerd is met hulle en op die ou einde net een deurjaag-ery van punt tot punt. Iets wat wel BAIE cool was, was die skulp-versameling in een van die geboue daar. Die mooiste skulpe wat ons nog ooit gesien het en hulle name is ook daarby! Charma was sommer teleurgesteld in

Week 52 - Mosselbaai, Robberg Stap, St Blaize stap,en branderplankry

Prent
Hierdie week was 'n week vol ontmoetings met vriende. Maandgaoggend was sommer die eerste een. Vriende van ons het 'n boot gekoop en is huidiglik in die Knysna Strandmeer waar hulle besig is met voorbereidings om deur die wêreld te seil met hulle seiljag. Ons het met hulle afgespreek om te gaan oorslaap op Robberg in die "Fountain Shack" - 'n Cape Nature hut op die skiereiland naby Plettenbergbaai. By die Fountain Shack op Robberg Ons het vroeg opgestaan en gereedgemaak om te gaan stap en oor te slaap in die hut. Die gewone konflik het ontstaan oor die groot tekort aan spasie en die groot begeerte om goed saam te vat wat geen nut op die staptoer sal hê nie. Dit maak nie saak hoeveel keer ek die sakke deurgaan om seker te maak net die "essentials" is ingepak nie, ek kan met 100% sekerheid sê daar sal ten minste een teddiebeer ongesiens deurglip... Wees gewaarsku - hierdie rugsakke bevat nie net oorlewings-items nie.. Jaaaaare terug het ek

Week 51 - Tweede week in Mosselbaai, kuiers in Gauteng en 'n padrit na Stilbaai

Prent
Maandag moes ek vroeg opstaan en betyds wees vir 'n vergadering in Johannesburg. Ek en Charma het mos oorgeslaap by my ma-hulle in Daleside nadat ons deurgevlieg het Johannesburg toe die vorige Saterdag (sien laasweek se blog hier ) Ek het gereken 'n uur sal meer as genoeg wees om die skamele 67 km te ry soontoe. Die vergadering het immers eers 9uur begin. Maar ek het dit ongelukkig onderskat. Gauteng se verkeer: 1. Rut: 0 Pieter se uitsig vs my uitsig Dinsdag middag Ek was dus laat vir my vergadering. Die res het heel goed afgeloop en die rytyd terug was 40 minute. Ek het by my sussie in Meyerton gaan kuier en ons was in die wolke oor al die familie wat ons so lank terug laas gesien het. Dinsdag oggend se vergadering was darem eers geskeduleer vir 10uur. Ek was die keer vroeg en die vergadering het ook heel goed afgeloop. (Rut: 1 Gauteng verkeer: 0) Ek het die nuwe toevoeging tot ons werk-familie gaan ontmoet (Connor is in Oktober laasjaar gebore!) en toe het

Week 50 - Eerste week in Mosselbaai

Prent
Ek kan nie glo hierdie is nou al die 50ste week wat ons op die pad is nie. Ek het gemengde gevoelens daaroor... daar is 'n deel van my wat baie graag nou wil huistoe gaan. Daai deel van my is die een wat planne uitvoer soos wat dit beplan was. Die deel van my wat hou daarvan om lysies af te merk soos ek takies verrig en wat goed voel oor myself wanneer ek dit doen. Ek verlang ook so bietjie na ons ruim huis en al ons goeters. Ek dink dit word in my wakker gemaak as ons mense ontmoet en by hulle in hulle huise gaan kuier. Dan onthou ek weer hoe lekker dit is om jou eie plekkie te hê waar jy jou skulpies wat jy opgetel het kan uitstal in 'n glas houer en waar jy jou prentjies en foto's teen die mure hang. Dit is egter nogsteeds baie lekker om so lang avontuur te hê. Dit is ook lekker om te sien hoe my mense blom. So tot verdere kennisgewing, sal ons maar nog aanhou met die avontuur! 'n mooi "pansy" skulp wat Pieter een oggend opgetel het Ons het maar Ma