'n Beet-erige dag

Vandag het ek so geinspireerd gevoel met die dat my ma hier kuier en ons aan die boek werk, dat ek besluit het om die baie spinasie en bietjie beet in ons groentetuin te oes en te verwerk, sodat dit nie sleg word nie. Die week was nie so goed vir ons tuin nie, ons hond, Bolt, het besluit dat hy baie van mielies hou, en sy handewerk het Pieter se mielie-oes verwoes. My man se hart is baie seer daaroor.


Ek het nie geweet honde vang sulke goed aan nie. Ons sal maar 'n heining moet omspan, nie net vir die kleine Charma nie, maar ook vir Bolt.

In elk geval, die res van die beddings lyk darem nog OK. Ons butternuts kom mooi aan

 Die spinasie, en die beet groei ook mooi, met so paar random tamatie-plantjies tussen-in
 Ons oes vir gisteraand se ete saam met my boetie :-)
So, in elk geval - terug by die beet.
Ek het eintlik vergeet dat ek baie van beet hou, en so ruk terug, met een van ons baie "hamburger-aande", het ek die amazing smaak van beet en rocket-blare op 'n hamburger beleef! So, toe Pieter die wonderlike idee kry om beet te plant, toe raak ek stadig-aan (stadig, want in baie opsigte ly ek maar aan vertraagde reaksies met hierdie tipe van goed) opgweonde daaroor om ons eie beet in te lê.

Toe my ma nou hier aankom, sodat ons aan ons boek kan werk (sien my ander blog - http://sophiacharlotteverhaal.blogspot.com/), toe neem ek my kans waar om haar beet-inlê-resep te kry.

Hier is hy:

4 Groot bete - gaar gekook (omtrent 30 minute, moenie die kante afsny nie, anders "bloei" dit), geskil en gerasper of in skyfies gesny
Pak in bottels
Meng saam - 2 koppies suiker
                    2 koppes water
                   3 koppies asyn (ek het rooiwyn asyn gebruik)
                  'n halwe teelepel gemmer en
                 'n halwe teelepel kaneel
Verhit dit saam todat die suiker gesmelt het, en gooi dit oor die beet. Sit 'n stukkie waspapier onder elke doppie, sodat die asyn nie die metaal wegvreet nie.

En hier volg my foto-storie:
 Die bete is nie regtig so mooi groot soos hulle kan wees nie, maar hulle was al omtrent heeltemal bokant die grond. Daar is darem heelwat wat nou agtergebly het en wat groter kan word.

 Kyk net hoe mooi - uit ons eie tuin! Beet en spinasie.


Eers het ek die blare afgetrek - mens los blyk baar die stertjies aan altwee kante op sodat dit nie "bloei" nie.

 






En hier is my eind-produk. Oor so week sal ons dit proe!





Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

The best surfing spots in South Africa along the West Coast (so far)

Verf en verf en verf

Week 24 (In Afrikaans) - Hondeklipbaai