Ons het nie baie goed oor op ons lysie van goed wat ons nog wil sien of doen in Kaapstad nie. Ten minste dink ons nie so nie.
Een van die goed is egter om die rooi bus toer te doen. Ons het toe sommer aanlyn bespreek vir 2 dae - Maandag en Dinsdag. Daar is 4 "loops" wat ons kon ry. Die rooi lyn ry so sirkel roete al langs die kuslyn af, die pers roete is so mini wynroete, die blou lyn is die skiereiland roete en die geel een is die middestad een. Ek was verbaas om te sien hoeveel goed ons eintlik alreeds gedoen het sonder om die rooi bus te ry. Wat dit egter nogsteeds lekker gemaak het was dat daar soveel ekstra inligting gegee word oor elke besienswaardigheid. Ons kon meeste van die tyd sommer net sit en ry en luister, sonder om regtig af te klim - want ons was alreeds by die plekke gewees.
In die Rooi Bus
Ons probeer weer om in ons gewoonte te kom om padkos in te pak as ons so rondrits - dit help darem maar regtig met onkostes spaar. So, sakkies gepak het ons toe stad ingevaar Maandag oggend en op die bus geklim by die V&A Waterfront. Dit was reënerig so toe beveel die dame by die busstop aan dat ons die dag die wynroete en die skiereiland roete moet doen. Dit is goed so want dit was nog al die tyd op ons lysie om Groot Constantia te besoek - dit was immers jare terug vir jare lank 'n Cloete plaas gewees! Dit is 'n pragtige plek wat Simon van der Stel se eie plaas was. Ons het die hele toer deur die plaas gedoen en baie dinge geleer oor wyn. Soos dat daar 'n ooreenkoms is dat "sjampanje" net in Frankryk "sjampanje" genoem sal word en hier in Suid Afrika is dit "MCC - Method Cap Classique". Ook dat die groot vate waarin die wyn gestoor is elke keer skoongemaak moes word en dat die mense wat dit moes skoonmaak flou geword het van die alkohol walms. Ons het ook van die lekker wyn geproe en ek het vinnig sleeptong en giggelend besef ek het nog nie van my padkos geëet nie!
Die Cloete-Kelder
Die ander roete het ons verby Campsbay en Clifton tot by die Groenpunt lighuis gevat waar ons eers afgeklim het en in die pragtige park gerus het terwyl die kinders gespeel het
Die Groenpunt lighuis is die oudste een in Suid Afrika
Dinsdag het ons die toer voltooi deur die laaste 2 roetes te ry. Die een in die middestad was lekker al het ons nie afgeklim nie. Die strate het ons alreeds platgeloop - die Kompanjie tuine, Longstreet en die Bo-kaap huisies was nie vir ons nuut nie. Die interessante inligting was wel. Soos dat die see tot teenaan Strand Straat was, en dat al daardie grond herwin is in die 1940's. Daarna het ons die wye draai gery om die stad met die rooi lyn - tot teenaan Tafelberg, en waar die 3 mieliestronke beskryf was as "argitektoniese terrorisme".
Die drie mieliestronke links onder
Ons het die roetes klaargery en toe ry ons self tot by die Groote Schuur hospitaal om die museum te gaan besoek wat oor Dr Chris Barnard en sy baanbreker werk in hartchirurgie gaan. Daar is spesiaal wasfigure gemaak om presies uit te beeld hoe dit daardie dag met die eerste hartoorplanting gelyk het: twee teaters langs mekaar: een waarin sy broer die hart uitgehaal het, en die ander een waar hy self die hart ingesit het. Dit was inspirerend om te hoor hoe hy homself in sy werk uitgeleef het, maar hartseer om te leer hoe sy persoonlike lewe stukkend en eensaam was.
"Die hart van Kaapstad" museum
Ons wou toe graag gaan kyk hoe die Mostert Meul lyk wat langs die snelweg pronk naby die Rhodes memorial (aan die anderkant van die snelweg), maar toe ons daar kom is die plek toe. Blykbaar maak hulle net eenkeer per maand oop, en dit was toe nie die dag gewees nie. Dit is die enigste werkende meul in Suid Afrika.
Die Mostertmeul
Ons het die lekker twee dae afgesluit met 'n piekniek en 'n verlustiging in die sonsondergang op Llandudno strand. Toe sien ons sowaar walvisse!
Llandudno - sonsondergang
Woensdag en Donderdag het ons toe hard gewerk en skoolwerk gedoen, en Charma is sowaar klaar met al haar tweede kwartaal werk! Declan het nog net Engels om klaar te maak - hulle werk so mooi hierdie jaar! Ek het hulle belowe dat as hulle Donderdag klaarmaak met alles sal ek hulle Vrydag verras met 'n lekker uitstappie. Dit het wel beteken dat Declan nog tot 9uur daardie Donderdagaand moes werk om alles klaar te kry, maar hulle was altwee Vrydag opgewonde om te hoor ons gaan bietjie "Cool Runnings" toe. Dit is so oulike plekkie hier in Belville waar jy met 'n karretjie so bietjie verder as 'n kilometer by 'n bult afry(jaag) in so glyplank-tipe baan - dit was heerlik!
Saterdag het ons net die Paarl Parkrun gaan doen en oppad terug het die kar 'n snaakse geluid begin maak... so die linkerkantste agterwiel "caliper" het gebreek. Ons is nou redelik gestrand hier by die huis so vandag het ons heeldag Heidi-episodes saam met die kinders gekyk :-). Dit was darem ook lekker, want dit reën nou heerlik en ons het vir die eerste keer in 'n baie lang tyd DONDERWEER gehoor!
Oppad Paarl toe het ons hierdie mooi lugballon gesien xxxx
Maandag het ons gery van die wildsplaas af naby Queenstown, tot by Maclear. Heelpad in die Ooskaap. Die landskap herinner baie aan dele van Kwazulu Natal en het amper bekend gelyk. Ek het myself misgis met waar Maclear is, want my plan was eintlik dat ons die Naudesnek bergpas moet ry, maar die is baie nader aan Rhodes en sou 'n 2-ure ompad vir ons beteken het. Dit is ook lekker want dit beteken dat ons weer moet teruggaan soontoe. :-) Sonsondergang op die plaas naby Maclear Ons was lanklaas vir sulke lang tye aaneen in die kar. Die kinders het mooi getrou hulle skoolwerk gedoen en ek het vir ons elke nou en dan voorgelees uit 'n boek wat ek in Bathurst gekoop het. Die boek was nie so lekker boeiend soos "Fiela se Kind" of "Kringe in 'n Bos" nie, so die voorlesing was nie juis suksesvol nie. Dit was baie hartseer om die dorpies te sien wat so vuil en afgeskeep is, diere wat verwaarloos wei tussen vullishope en brandsiek brakke wat weggejaag ...
Ek kan nie glo hierdie is nou al die 50ste week wat ons op die pad is nie. Ek het gemengde gevoelens daaroor... daar is 'n deel van my wat baie graag nou wil huistoe gaan. Daai deel van my is die een wat planne uitvoer soos wat dit beplan was. Die deel van my wat hou daarvan om lysies af te merk soos ek takies verrig en wat goed voel oor myself wanneer ek dit doen. Ek verlang ook so bietjie na ons ruim huis en al ons goeters. Ek dink dit word in my wakker gemaak as ons mense ontmoet en by hulle in hulle huise gaan kuier. Dan onthou ek weer hoe lekker dit is om jou eie plekkie te hê waar jy jou skulpies wat jy opgetel het kan uitstal in 'n glas houer en waar jy jou prentjies en foto's teen die mure hang. Dit is egter nogsteeds baie lekker om so lang avontuur te hê. Dit is ook lekker om te sien hoe my mense blom. So tot verdere kennisgewing, sal ons maar nog aanhou met die avontuur! 'n mooi "pansy" skulp wat Pieter een oggend opgetel het Ons het maar Ma...
Introduction to our adventure 2017 was not an easy year. Our son went to Grade 4, which meant that there was no longer one loving teacher who got to know each little person in her class and build a relationship with them.. instead there were MANY different teachers and new subjects and ...EXAMS!! All of a sudden he was forced into growing up a little faster and learning about hard work and doing things because you HAVE to and not because you WANT to. This was challenging. Mr Cloete turned 40. I am not saying that there were any signs of a mid-life crisis... I am just saying it was as if something was different. Frustrations grew from little nothings into mountains. Also a challenge. My little girl started school (Grade R) and she quickly became aware of a bigger badder world out there and that was also challenging. I started feeling a little less excited about my job (my own business - we do payroll - check out our website here ). Having done the same work for ...
Opmerkings