Week 1 - in Afrikaans

Ons is veilig op die plaas!
Dit was 'n vreeslike storie om alles in te probeer kry in ons pajero (dink net as ons nog net die polo gehad het hoe hectic DIT sou wees!)
Gepak!!

Maar mnr Cloete is 'n tetris-kampioen en hy het tjoef tjaf elke dingetjie ingepas gekry. Ons het effens op 'n knop gesit heelpad hierheen want baie goed gaan sommer op die plaas agterbly.
'n Groot verassing was dat ons met alle wiele op die fietse hierheen gery het, maar op die plaas gekom het ons met die afpak besef een wiel (van my fiets) is skoonveld.
 Die rit hiernatoe was ook nogal besaai met emosies soos karre op die pad. Almal oppad langnaweek toe:
  • Jammerte dat ons nie by almal uitgekom het om koebaai te sê nie, bekommernis oor die jaar wat voorlê, 
  • onsekerheid oor ons huis wat nog nie huurders het nie 
  • en diepe denke oor wat alles dalk gaan verander in die tyd wat ons weg gaan wees.
Maar soos tyd meeste dinge heelmaak, so het 'n rustigheid oor ons gekom soos die pad aan en aangehou het. En die plaas met sy mooigeid het die laaste bietjie van die storm weggeneem.
Ons avontuur het amptelik begin!



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Week 33 in Afrikaans - Stellenbosch, Paarl, Taalmonument

Week 53 - Ons laaste week in Mosselbaai

Week 73 - Terug waar ons begin het...