(Week 19 In Afrikaans) - Mpumalanga na Limpopo

Hierdie week was 'n absolute fees. Die laeveld het 'n skoonheid aan hom wat jou hart steel. Veral as dit eintlik nog winter is en hy hou jou warm. So warm dat jy eintlik al kan swem. Van Nelspruit af het ons die " stortende waters " roete gevolg volgens ons padrit boek. Horseshoe Falls Lone Creek Falls Bridal Veil Falls Mac-Mac Valle Horseshoe falls, Lone Creek falls, Bridal Veil falls en Mac Mac. By Mac Mac se poele het ons lekker geswem, al was die water yskoud en al het ons die oggend nie gedink om ons swembroeke los in te sit in die kar nie. MacMac Poele Alhoewel ons oral gehoor het dat Pelgrimsrus nie meer is wat hy was nie, het ons tog maar gaan kyk en 'n drankie in die "Royal Hotel" gaan drink. Ons was aangenaam verras, dit is darem nie 'n spookdorp nie en daar is heelwat nog om te sien en te doen. Die "Royal Hotel" In Graskop het ons in 'n tipiese "backpackers" geslaap en...