Verf en verf en verf

Ons slaapkamer se badkamer het die vreeslikste pienk blommetjie teëls gehad. Een so teëltjie is mooi, maar as jy 'n hele badkamer met dit doen, raak dit bietjie erg vir ons 2014-oë. Ons toilet het ook nie eers gewerk nie (het nie geweet dat mens daarna moet kyk voor jy 'n huis koop nie...)




Ek hoor toe dat mens oor dit kan verf en ek probeer dit toe. 





Ek dog toe ek wil "kreatief" wees en die randjie hou van die tëels. TERRIBLE IDEE!!

Dit lyk toe eerstens nie te great nie, en tweedens het ek universal undercoat en wit pva verf gebruik - glad nie baie slim nie, maar dis mos wat gebeur as jy MOEG is....jy word DOM... 

Arme Kelina skrop toemet 'n potskuurder 2 weke lank af daaraan.... en ek begin toe van voor af. 



Sy kon nie oral inkom met haar lappie nie en op 'n vriend van ons, Andre du Toit (www.roofcoating.co.za) se raad, skuur ek dit toe verder af met die klein "grinder" en staalborseltjie. 



Dit werk toe heel goed en ek was die tëels toe met handy andy nog 'n slag voor ek toe die "tile primer" opsit:



Toe dit droog is, sit ek toe wit "velveglo" op en ek verf die mure soos die kamer s'n. 



Dit gee nou vir my 'n baie skoner beeld. 


Ek het toe ook die spiëelraam, die houtkassie en die wasbak kassie die deurtjie oorgeverf en 'n mooi deurknop gekoop by Builders Warehouse.




Nou wil ek net nuwe handoeke en waslappe en badkamer matjies koop, en so paar prentjie ophang teen die muur bokant die toilet.

Ek hou baie daarvan. 

:-)

Ons het prentjies ook opgehang en nou lyk dit so:


 Om so alles oor te doen is nie sommer tjoef tjaf nie! Dit vat BAIE lank. En as jy nog super ma en vrou wil wees tussen in is dit NOG langer!

Maar dit is heerlik, dit is ons s'n en daar is regtig geen haas nie!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

The best surfing spots in South Africa along the West Coast (so far)

Week 33 in Afrikaans - Stellenbosch, Paarl, Taalmonument