Plasings

Wys tans plasings met die etiket SAroadtrip

Week 69 - Port Elisabeth

Prent
Die stad het nie sy naam gekry van die koningin van Engeland nie - al mag mens vergewe word as jy dalk so gedink het. Port Elizabeth het sy naam gekry as gevolg van een man se liefde vir sy vroutjie. Sir Rufane Donkin se vrou Elizabeth, is oorlede net voor hy Suid Afrika toe gekom het om te dien as die waarnemende goewerneur aan die Kaap. Hy het vir haar 'n piramide opgerig wat oor die hawe uitkyk in wat nou die Donkin Reservaat is en 'n koperplaat op die piramide gesit met die woorde " To the memory of one of the most perfect of human beings who has given her name to the town below." Dit is seker omdat die stad se naam uit liefde gebore is, dat die mense hier so vriendelik is :-) Nadat ons laasnaweek bietjie afgesit is deur die dogtertjie wat haarself sommer net so verlig tussen almal, het ons Maandag na skoolwerk besluit om die stad bietjie te gaan verken. Ons eerste stop was die Tramways gebou. Ons maatjies het vir ons 'n boek gegee oor die besighe...

Week 25 - In Afrikaans (Garies, Vredendal, Calvinia, Nieuwoudtville)

Prent
Oppak is so 'n fees sonder die sleepwa. Maandag het ons tjoef-tjaf opgepak en pad gevat Garies toe. Die "locals" korrigeer ons vinnig as ons dit uitspreek met 'n "g" soos in "gras". Dit is "g" soos in die engelse "grass"! Die grondpad van Hondeklipbaai tot by Garies het ons mos toe al gery en die keer kyk ons toe mooi uit vir "Simson se moer" soos party hom noem. Ander noem hom "Goliat se albaster". Dit is 'n ronde rots wat in die middel van nêrens lê. Baie indrukwekkend en dit laat mens wonder hoe hierdie rotse en formasies daar gekom het. Goliat se albaster In Garies moes ons eers bietjie stop en werk doen. Dit was kokend warm (in kontras met die ysige koue by Hondeklipbaai die dag tevire) en ons het weggekruip in ons huisie met lugversorging in. Die kinders moes maar skoolwerk doen terwyl ons gewerk het en eers later daai middag is ons bietjie in die kar om die "Letterklip" te soe...