Plasings

Wys tans plasings vanaf 2016

Mamelodi, braai en boeremusiek

Prent
Ek en my geliefdes slaap vanaand in Mamelodi.  Ons het 15h30 saam met Kelina, of Sonto soos sy hier genoem word, na die busstop toe gestap by die biblioteek hier naby ons huis in die hoofsaaklike wit afrikaanse buurt van Constantiapark. Ons het gewag vir die taxi om ons te kom optel. Elkeen kon net een sak goed saamneem, want anders moet ons betaal vir 2 sitplekke in die taxi per persoon met te veel bagasie. As 'n taxi met 'n "menlyn" sticker stop, sal hy ons R12 vra om ons net tot by Menlyn mall te vat (3km van ons huis af). Ons klim toe in een sonder 'n sticker en die goedhartige taxi man vra ons toe niks nie. Dis vreemd om binne in die voertuig te sit wat ons so dikwels vervloek vir sy padvark-geaardheid. Heel gemaklik swiep ons deur die verkeer en bereik moeiteloos ons bestemming. By menlyn mall gekom is daar ewe skielik orde in my gewone ervaring van wanorde daar waar die taxi's saamdrom langs die mall. Daar is 'n man