Plasings

Wys tans plasings vanaf Mei, 2014

Verf en verf en verf

Prent
Ons slaapkamer se badkamer het die vreeslikste pienk blommetjie teëls gehad. Een so teëltjie is mooi, maar as jy 'n hele badkamer met dit doen, raak dit bietjie erg vir ons 2014-oë. Ons toilet het ook nie eers gewerk nie (het nie geweet dat mens daarna moet kyk voor jy 'n huis koop nie...) Ek hoor toe dat mens oor dit kan verf en ek probeer dit toe.  Ek dog toe ek wil "kreatief" wees en die randjie hou van die tëels. TERRIBLE IDEE!! Dit lyk toe eerstens nie te great nie, en tweedens het ek universal undercoat en wit pva verf gebruik - glad nie baie slim nie, maar dis mos wat gebeur as jy MOEG is....jy word DOM...  Arme Kelina skrop toemet 'n potskuurder 2 weke lank af daaraan.... en ek begin toe van voor af.  Sy kon nie oral inkom met haar lappie nie en op 'n vriend van ons, Andre du Toit ( www.roofcoating.co.za ) se raad, skuur ek dit toe verder af met die klein "grinder" en staalborseltjie.