Plasings

Wys tans plasings vanaf November, 2018

Week 25 - In Afrikaans (Garies, Vredendal, Calvinia, Nieuwoudtville)

Prent
Oppak is so 'n fees sonder die sleepwa. Maandag het ons tjoef-tjaf opgepak en pad gevat Garies toe. Die "locals" korrigeer ons vinnig as ons dit uitspreek met 'n "g" soos in "gras". Dit is "g" soos in die engelse "grass"! Die grondpad van Hondeklipbaai tot by Garies het ons mos toe al gery en die keer kyk ons toe mooi uit vir "Simson se moer" soos party hom noem. Ander noem hom "Goliat se albaster". Dit is 'n ronde rots wat in die middel van nêrens lê. Baie indrukwekkend en dit laat mens wonder hoe hierdie rotse en formasies daar gekom het. Goliat se albaster In Garies moes ons eers bietjie stop en werk doen. Dit was kokend warm (in kontras met die ysige koue by Hondeklipbaai die dag tevire) en ons het weggekruip in ons huisie met lugversorging in. Die kinders moes maar skoolwerk doen terwyl ons gewerk het en eers later daai middag is ons bietjie in die kar om die "Letterklip" te soe

Week 24 (In Afrikaans) - Hondeklipbaai

Prent
Na 'n naweek van begin skoonmaak en pak en weer ophou het ons Maandag(!) uiteindelik finaal opgepak en aan die gang gekom. Dit het omtrent 3 ure gevat om vir almal totsiens te sê. Dit het gevoel of ons net sowel bietjie langer kon bly... Die kinders se maatjies, Carter en Jayden, en ons liewe tannie Jossie het so lekker laaank met ons gesels voor ons daar weggekom het. Maar toe ons uiteindelik wil ry, toe wil die kar nie "start" nie en die een wiel is pap! Tannie Jossie, by wie ons laaste tee gedrink het, bel toe haar seun en hy ry toe spesiaal om vir ons te kom help. Ons volgende stop was Hondeklipbaai. Die pad soontoe het baie roetes. Almal het ons gemaan om te ry op 'n sekere manier wat bietjie meer kilometers is, maar meer teerpad en minder sinkplaat grondpad. Iewers het ons egter iets misgery en ons is toe op die ou einde omtrent heelpad grondpad tot daar. Dit was ook oraait want ons het die mooi landskap geniet en selfs op een plek 'n skilpad wat in

Week 23 - In Afrikaans (Laaste-laaste week in Springbok)

Prent
Oumense is die beste mense. Hulle het tyd vir nog 'n koppie tee en 'n vinnige geselsie. Tyd vir nog 'n drukkie en nog 'n keer dankie sê. Hulle jaag nie na die volgende vergadering of byeenkoms nie en is regtig baie bly om jou te sien of te ontmoet of dalk weer te sien. Hulle is in die vertreksaal en geniet die tydjie wat hulle nog hier by ons het en sien ook uit na die nuwe lewe wat voorlê. Dit is wat die week vir my uitgestaan het. Declan het elke middag met sy maatjie sokker gespeel, hulle was skoon hartseer toe hulle mekaar gegroet het Die tannie wie se huisie ons huur in Springbok het kom inloer en verskoning gevra dat sy nie al lankal kom tee drink het nie. Sy het alreeds 2 keer sommer uit haar eie vir Charma by haar laat speel en rustig met haar tyd spandeer. Sy het kom vra hoe dit gaan en of ons darem 'n lekker maand gehad het. Sy het vertel haar kleinseun is gebore en hulle gaan bietjie vir hom gaan kuier en dat sy nie hier gaan wees as ons ry n

(Week 22 in Afrikaans) - Port Nolloth, Goegap Natuurreservaat en laaste week in Springbok :-)

Prent
Port Nolloth was so mooi dat ons Maandag besluit het om nog 'n aand daar oor te slaap. Ons het toe in McDougal's baai geslaap so klipgooi van daar af. Ons huisie op Mcdougalsbaai Dit het my herinner aan vakansies toe ek klein was en ek het vir Charma gesê hier sal ons vir seker pampoenskulpies optel. Ek onthou toe ek klein was hoe dit 'n hoogtepunt in my lewe was dat ek sulke mooi skulpe "ontdek" het op die strand en tussen die rotse. En die herinneringe het teruggespoel in my hart: die "stink" reuk van die seewier wat oral uitgespoel lê met klein goggas wat rondwoel om dit en die skatkiste in die sand van skulpe. Ek het toe ek klein was, roomysbakke vol seepampoentjies gehad, naderhand het ek dit uitgedeel as kersfeespersente en kersies daarmee gemaak want daar was nie meer plek in my kamer daarvoor nie. Dit was hemels. Jag vir pampoenskulpies Dit was dieselfde opwinding wat ek kon sien in Charma se ogies soos sy daai strand gefynkam het.