Plasings

Wys tans plasings met die etiket roadtrip

Week 57 - Ons laaste volle week in Plettenbergbaai

Prent
Hierdie week het ons baie werk (WISKUNDE) gehad om te doen, maar tussenin het ons opgelees oor haaie, geleer hoe loeries sing en hoe om stories beter te vertel. So tussendeur die tafels en tellery het die kinders ook geleer hoe om vloere ordentelik te vee en badkamers skoon te maak... 'n mens kan regtig so baie doen met tuisskolery :-) Wiskunde ... Dinsdag het ons gery na die Forest Hall Estate toe om vir Pieter (of Piet) te ontmoet. Hy bestuur so paar sulke pragtige ou plase hier in Suid Afrika vir oorsese mense en was vriendelik genoeg om ons toe te laat op hierdie een naby Plettenbergbaai. Die huis dateer uit die 1800's uit en is omskep in gastekamers vir mense wat stylvol en geseënd is (ons is ook natuurlik geseënd, maar ek bedoel op 'n spesifieke geldelike manier geseënd :-)). Al die geboue op die plaas is dieselfde mee gedoen en mens kan heerlike samekomste op hierdie pragplek vier. Die mooi groot huis op Forest Hall Estate Ons was egter daar vir die st...

Week 28 in Afrikaans - Sutherland, Langebaan, Paternotster

Prent
Maandag was ons weereens verstom oor hoeveel grondpad tussen dorpe kan lĂȘ, en hoe skielik alle konnektiwiteit verlore kan raak in die ver ente pad tussen die dorpe. Sutherland is eintlik net 'n klein dorpie met stofstrate. Daar is 'n OK en straatkafees en interessante winkeltjies. Maar ons was daar vir die sterre so ons eerste stopplek was die planetarium. Die planetarium gebou is baie kleiner as die een wat ons in Johannesburg het maar die sitplekke maak op daarvoor met die gemak-faktor! Hulle lĂȘ sommer so VER terug sodat jy amper voel jy lĂȘ op 'n bed.. Dit was net ons 4 en 2 ouer dames wat die vertoning bygewoon het. Die vertoning was nie so "wow" nie, en die een ou tannie agter ons het heerlik gelĂȘ en snork in die gemaklike stoel. Charma self het ook bietjie haar middagslapie opgevang en ons het lekker gelag vir die 2 wat so lĂȘ en slaap! Ons het die volgende dag na die "South Africa Large Telescope" gaan kyk. Met die dagtoer vat hul...

(Week 22 in Afrikaans) - Port Nolloth, Goegap Natuurreservaat en laaste week in Springbok :-)

Prent
Port Nolloth was so mooi dat ons Maandag besluit het om nog 'n aand daar oor te slaap. Ons het toe in McDougal's baai geslaap so klipgooi van daar af. Ons huisie op Mcdougalsbaai Dit het my herinner aan vakansies toe ek klein was en ek het vir Charma gesĂȘ hier sal ons vir seker pampoenskulpies optel. Ek onthou toe ek klein was hoe dit 'n hoogtepunt in my lewe was dat ek sulke mooi skulpe "ontdek" het op die strand en tussen die rotse. En die herinneringe het teruggespoel in my hart: die "stink" reuk van die seewier wat oral uitgespoel lĂȘ met klein goggas wat rondwoel om dit en die skatkiste in die sand van skulpe. Ek het toe ek klein was, roomysbakke vol seepampoentjies gehad, naderhand het ek dit uitgedeel as kersfeespersente en kersies daarmee gemaak want daar was nie meer plek in my kamer daarvoor nie. Dit was hemels. Jag vir pampoenskulpies Dit was dieselfde opwinding wat ek kon sien in Charma se ogies soos sy daai strand gefynkam het....

We have been on the road for 5 months!

Prent
We left our house in Pretoria on the 26th of April, and it feel like years ago already. We have been living on the road for 5 months now, and I can say one thing - humans are very adaptable. I must say - we have managed to adapt quite quickly - this feels like our new "normal". Our routine is basically to get up, do some work and schoolwork, eat in between and then explore whatever there is to explore. Some days that means filling our time with research about what the possibilities of exploring are. Conflict happens - as it does - but it is easier to "get over it", because we don't want to spoil the next adventure. Our fears have all come true - the ones we mentioned in our first youtube videos. The frustrations are also the pleasures - being together all the time. I read Cindy's blogpost where she kind of sums it up that conversations are interrupted all the time. The kids are always there, so they feel like they are allowed to take part in gro...

(Week 17 in Afrikaans) - uiteindelik in Mpumalanga

Prent
Die hele Zululand vol en waarookal ons Zulu huisies langs die pad gesien het, het ons opgemerk dat hulle reghoekige huise bou. In elke erf is daar egter ook een ronde huisie.  Ons wonder lank al hieroor. Selfs die ryker zulu huise in Ulundi en Eshowe en Nongoma wat in die "tuscan styl" gebou is met pragtige staal hekke en fancy plaveisel... het elke keer een ronde hut / rondavel iewers in die erf. Ek het toe my skoonma se huishulp gevra wat die huisie se doel is en sy het gesĂȘ dit is waar hulle tot hulle voorvaders bid. Dit was vir ons baie interessant. Die pakkery begin ons bietjie onderkry.. na baie gesels en beplan en WEER uitsorteer en regpak het ons die week op die plaas ons 6 kleresakke verminder na net 4 sakke klere... die 6 badsakkies (ja, ek weet dit is verskriklik) na net 2 badsakkies... die 13 kratte verminder na 6 kratte en ALLES in en op die kar gekry!! Ons het die sleepwa op die plaas gelos! Dit voel soos 'n droom. Ons sien nou sommer kan...

(Week 16 in Afrikaans) - Terug op die plaas

Prent
Vir die eerste keer in 16 weke het ons 'n redelike "normale" week gehad. Ons is weer hier op die plaas uitgespan, en dit voel amper of ons 'n breek het van ons toer. (Nie dat ons dit nodig het nie!)  Ek het die week lekker tyd gehad om skool te gee en bietjie op te vang waar nodig. Dit lyk in die nuus asof ons regering wil stywer beheer neem oor die tuisskolers ook en ek is 2 keer gekontak deur die departement van onderwys vir dokumente wat blykbaar nie ontvang is deur hulle toe ek geregistreer het as tuisskoler nie (alhoewel my applikasie volledig was). My liefste dogtertjie se oorbelletjies wat sy vir haar verjaardag gekry het se stoppertjie het binne in haar een oor vasgesit. Dit het my amper 2 weke geneem om agter te kom... ek dog net dis snaaks dat die oorbelletjie so vassit... eers toe ek uiteindelik die oorbelletjie uit het toe besef ek die rubber stoppertjie is wat hom so vasgehou het... Dit moes toe natuurlik ook uit en na 'n paar dae lank se gesp...

Travelling through South Africa - some things we've learnt about self-catering accommodation

Prent
simple things make us happy - like having a "braai"  When we set off on our adventure, we had already decided (after some investigations) that the camping options in South Africa are simply too expensive to consider for a year long roadtrip. So we have been staying in self catering units these past few months, except for when we actually did camp at St lucia. We are currently in our fourth month and we have learnt some things along the way regarding self catering units in South Africa. 1. Everyone's standard of cleanliness is not the same. To overcome this, we have formed a habit of travelling with cloths and handy andy to clean where necessary. The funny thing is that most places do not place a broom or a mop in the unit so cleaning remains a challenge. We have stayed in a few places where the cupboards were puke-invokingly dirty... not sure how that works.. but anyway. 2. The basics are not always provided. You'd think that any plac...

(Week 14 - In Afrikaans) Laaste week in Mtunzini

Prent
So hierdie week het ons onsself in 'n baie bevoorregde posisie bevind en dit ten volle benut. Wat kan nou nog meer bevoorreg wees as om deur die land te toer? Wel, natuurlik om oupa en ouma by jou te hĂȘ om die kinders bietjie dop te hou terwyl mamma en pappa gaan "galavant"! My ma hulle is ongelukkig Vrydag huistoe, so die voorreg was net 'n klein rukkie 'n werklikheid... Maandagoggend het ek en Pieter gaan fietsry in die bos en deur die natuurreservaat. Ons het baie bokkies gesien en spore van watermuishonde en zebras en apies.  Ek het uitgekyk vir krokodil spore en het gelukkig nie een raakgesien nie! Dit was heerlik om fiets te ry, veral omdat al die paadjies papnat was van die vorige week se nat weer (*grappie*). Wat nog lekkerder was, was dat ons 'n "kortpad" gekry het deur 'n vlak deel van die rivier. Pieter het voor gery en nadat ek hom bietjie dopgehou het om te sien of hy gaan vassit en om dop te hou of ek dalk 'n krokod...