Plasings

Wys tans plasings met die etiket Swaziland

(Week 17 in Afrikaans) - uiteindelik in Mpumalanga

Prent
Die hele Zululand vol en waarookal ons Zulu huisies langs die pad gesien het, het ons opgemerk dat hulle reghoekige huise bou. In elke erf is daar egter ook een ronde huisie.  Ons wonder lank al hieroor. Selfs die ryker zulu huise in Ulundi en Eshowe en Nongoma wat in die "tuscan styl" gebou is met pragtige staal hekke en fancy plaveisel... het elke keer een ronde hut / rondavel iewers in die erf. Ek het toe my skoonma se huishulp gevra wat die huisie se doel is en sy het gesĂȘ dit is waar hulle tot hulle voorvaders bid. Dit was vir ons baie interessant. Die pakkery begin ons bietjie onderkry.. na baie gesels en beplan en WEER uitsorteer en regpak het ons die week op die plaas ons 6 kleresakke verminder na net 4 sakke klere... die 6 badsakkies (ja, ek weet dit is verskriklik) na net 2 badsakkies... die 13 kratte verminder na 6 kratte en ALLES in en op die kar gekry!! Ons het die sleepwa op die plaas gelos! Dit voel soos 'n droom. Ons sien nou sommer kan...