Plasings

Wys tans plasings met die etiket Cool Runnings

Week 46 - Welkom in Kaapstad

Prent
Ons het nie baie goed oor op ons lysie van goed wat ons nog wil sien of doen in Kaapstad nie. Ten minste dink ons nie so nie. Een van die goed is egter om die rooi bus toer te doen. Ons het toe sommer aanlyn bespreek vir 2 dae - Maandag en Dinsdag. Daar is 4 "loops" wat ons kon ry. Die rooi lyn ry so sirkel roete al langs die kuslyn af, die pers roete is so mini wynroete, die blou lyn is die skiereiland roete en die geel een is die middestad een. Ek was verbaas om te sien hoeveel goed ons eintlik alreeds gedoen het sonder om die rooi bus te ry. Wat dit egter nogsteeds lekker gemaak het was dat daar soveel ekstra inligting gegee word oor elke besienswaardigheid. Ons kon meeste van die tyd sommer net sit en ry en luister, sonder om regtig af te klim - want ons was alreeds by die plekke gewees. In die Rooi Bus Ons probeer weer om in ons gewoonte te kom om padkos in te pak as ons so rondrits - dit help darem maar regtig met onkostes spaar. So, sakkies gepak het ons toe st...