Solo stap op die berg


My skoonpa-hulle het 'n plaas in Kwazulu Natal. Hulle bly in die "ark" - 'n plek wat omring is deur berge. Die berge is deel van die Drakensberg-reeks, maar dit is nie die Drakensberge wat almal aan dink van die "instagram-posts" nie. In hierdie wêreld is die landskappe plase, maar eerder as landbou is dit meestal beesboerderye. Die beeste loop paadjies uit in die klowe en op die kruine van die berge en daar is baie fonteine en spruite en watervalle wat nie op googlemaps se voorstelle sal opkom as jy staproetes soek vir die dag nie.

Ek het al dikwels so op die stoep gesit en staar vir die mooi landskap en gedink om myself voor te neem om op elke berg of bult wat ek van die huis af kan sien, te kan staan eendag.



Ek hou van stap. Nie dat ek vreeslik "hard core" is nie. Ek hou net van die gevoel van stadig maar seker hoër en hoër teen die steiltes uitsukkel en dan uiteindelik beloon te word met 'n mooi uitsig. 'n Ander gesigspunt. 'n Nuwe manier van dieselfde dinge sien.

As mens so onder in die vallei rondploeter en bly, dan vergeet jy waarmee jy omring is. So ek dink om dinge van bo af te sien laat jou 'n beter perspektief kry. Dit is altyd goed.

My gesin is egter nie so opgewonde oor stap soos voorheen nie. Dit het seker daarmee te maak dat ons die afgelope 3 jaar so baie dit gedoen het :-) 

So wat sal mens dan maak? Jy kan ook nie altyd jou wil afdwing op die arme goed nie :-)



So toe ons nou in Januarie weer op die plaas was, het ek besluit om te kyk of ek rondom die plaas kan stap op die berge waardeur dit omring is. Ek kon reeds sien op Google maps dat dit eintlik te ver is vir een dag, maar ek het gedink dat ek dalk 'n paadjie sou kon kry om 'n sirkel roete te kan doen. Natuurlik in my agterkop het ek ook geweet ek is heeltyd naby genoeg vir 'n reddingspan om my te kom haal indien iets sou skeefloop.

Die boere maak gereeld voorbrande, so daar is tegnies paaie oral oor die berge waarop 4x4 voertuie kan ry. Ek sou min of meer op hierdie paaie bly en sodoende bereikbaar wees.

Maar ek gaan nie vir jou alles vertel wat gebeur het op my solo-bergstap-avontuur daardie dag nie. Gaan kry 'n koppie koffie of tee, en gaan kyk die youtube video :-)


Hier is die link:

https://youtu.be/qVM1LgS2sUQ


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Finding King Shaka's Isivivane

The best surfing spots in South Africa along the West Coast (so far)

Week 35 in Afrikaans - Stellenbosch, Houtbaai, Vishoek, Kalkbaai