Plasings

Wys tans plasings met die etiket avontuur

Week 71 - Die Ooskaap

Prent
Die laaste week op 'n plek het 'n vreemde uitwerking op ons. Ons is gereed om te gaan in ons harte en aanbeweeg is 'n lekker vooruitsig. Maar elke keer raak ons nogal geheg aan mense.  Laaste "surf" by "Pipe" Ons land is vol oulike mense. Lieflike mense. Interessante mense. Dis elke keer nog lekker gewees om hulle te ontmoet en bietjie te leer ken. Dit was elke keer ook moeilik om totsiens te sê. Konneksies met mense vat dus die koek van menswees. Dit is hoër as avontuur, beter as gedenkstene en museums en soeter as vakansies. Dit maak ons lewens vol en interessant. Niks is vir altyd nie en ons leer dit veral hierdie jaar. Dit is bittersoet. Vriendskappe loop soos seisoene - nie konstant dieselfde nie en altyd veranderend. "Sundowners" by die hawe Ons het hierdie week vir oulaas gaan branderplankry by "Pipe" en "Millers Point". Ons het die sonsondergang gaan kyk by Maitlands, hamburgers gaan eet ...

Week 66 - Laaste rukkie in Jeffreysbaai

Prent
Ons het oral waar ons gekom het sover, probeer inskakel by welwillendheidsprojekte. 'n Mens sou dink dat dit maklik sou wees om sulke projekte te kry en in te skakel, maar dit lykmy dit verg nogals aandag en inspanning om betrokke te raak. So oor die laaste 15 maande het ons redelik onsuksesvol betrokke geraak by ons land se verskeie opsies om te "volunteer". Nie dat ons NIKS gedoen het nie - ons het al kos uitgedeel by 'n sopkombuis en uitgehelp by 'n kleuterskool, maar nie so gereeld soos ek gedink het ons sou wou nie. By die Jbay Recycling Project (foto van hulle Facebook-blad af gekry) Jeffreysbaai voel egter anders. Dalk 'n bietjie meer toeganklik en vriendeliker selfs. Miskien is dit omdat ons nou al 2 maande lank hier bly. In elk geval hoe dit gebeur het is - Toe ons by Barry Hilton se optrede was laasweek, het ons nuwe mense ontmoet aan die tafel waar ons gesit het. Dit was toevallig die dag wat my nuwe branderplank daardie middag HARD op m...

Week 64 - 'n Nuwe surfboard en ander olifantstories

Prent
Die weer het begin draai Sondag toe die pro's begin opwarm het vir die kompetisie wat hierdie week begin het. Die wind het versriklik gewaai en die golwe het baie groot geword. Dit is nie goed vir mens se selfbeeld as jy probeer om sulke golwe te ry as jy nog nie eers kleiner golwe mooi kan ry nie. Pieter het nie daai problem probleem nie. Hy ry sommer enige golf! Die mooiste sonsopkoms! Maandag het die golwe - snaaks genoeg - BAIE klein geword en mense wat nooit by Point en Boneyards "surf" nie, het daar rondgehang. Dit het so lekker gelyk dat Declan en sy maatjie Jack sommer ook uitge"paddle" het daar. Hulle het nou nie enige golwe gery nie, maar net die feit dat hulle daar op die rotsrif in en uitgegaan het, is nogal baie indrukwekkend. (Net vir die wat wonder - Pieter het wel saam met hulle uitgegaan) Dinsdag het die Corona Jbay Open offisieel begin. Groot opwinding! Ons het ons "apps" afgelaai op ons fone, en vroegoggend al die boodskap...

Week 63 - "Surf"-mal

Prent
Die rede hoekom ons blog vanaand so laat is, is omdat ons so lekker gekuier het met ons maatjies van Hermanus af :-). Hulle het al die pad gekom om met ons te kom kuier (en bietjie te werk ook) en dit is so lekker om hulle weer te sien. Jack, Charma, ek en Sandy Daar is min dinge so lekker soos om vordering te toon. Ons voel dit duidelik met die branderplank-ryery. Elke een van ons is op ons eie vlak, en vorder teen 'n ander tempo, maar een ding het ons almal in gemeen. Ons vorder :-) Ek en Pieter met ons nuwe "Changing Towels" van my skoonma Annette af Maandag het ons getrek van ons een huisie in Jeffreysbaai na ons ander een. Die nuwe een is baie nader aan Albatros-strand (nie die hoofstrand nie) en Pieter het opgewonde kom vertel dat die golwe BAIE mooi lyk die oggend. Ons moes ongelukkig eers klaar trek (en skoonmaak) voor ons kon "surfboards" laai en gaan, so ons het so bietjie van die oggend "gemors" in daardie opsig. Albatros...

Week 62 - Jeffreysbaai, Bergrivier en tyd om aan te beweeg (2 km verder)

Prent
Ek kan nie glo ons is al klaar weer by Sondag nie. Die weke vlieg een vir een verby teen die spoed van lig en met elke sonsondergang sê ons dankie vir die voorreg wat ons het om hierdie lekker lewe te kan lewe van reis deur ons mooiste land. Mooiste golwe Die voorspelling vir die week se golwe het maar sleg gelyk, maar Maandagoggend was daar 'n straaltjie hoop vir mooies om deur te kom. Dit het ons forseer om bietjie vroeer op te staan en in die koue uit te gaan om te gaan speel. Tussen die vier van ons staan ons branderplankry-sake so: Pieter skop ons almal se alies met die branderplankry (asof ons dit nie verwag het nie). Hy gaan dieper en verder in as wat ons voor kans sien en lyk asof hy al jare lank die ding doen. Declan is kort op sy hakke. So kort op sy hakke dat ons nou al weet die dag kom dat hy nie meer saam met ons op ons golfies wil speel nie, hy sal beter en sterker wees as Pieter want hy het vroeër (op 'n jonger ouderdom) begin. Charma is baie dapper ...

Week 60 - Seemonsters en yswater

Prent
Ons het 'n goeie duik gemaak in Dalene Mathee se "Fiela se Kind" in die Baviaanskloof laasnaweek en ons kon net nie anders as om hierdie Maandag die week te begin met verder lees nie. Dis 'n lekker aktiwiteit wat ons saam kan doen - ons maak beurte om te lees en almal geniet die storie saam. Ons kon onsself heerlik inleef in hierdie boek, want ons het mos gaan stap in die Knysnabos en ons het daai deel van die kus (die Tuinroete) ook lekker verken laasmaand. So teen 10uur Maandagoggend was ons kant en klaar met die boek en met gelukkige harte (want Benjamin weet toe mos wie hy is) spring ons toe weg met skoolwerk en werkwerk. Na werk en skool het ons al die "surfboards" gelaai en see toe gery vir 'n goeie sessie van surf. Ek en Charma het maar voorlangs gespeel terwyl Pieter en Declan dieper ingegaan het. Dit is baie moeilik om met ons sponserige borde deur die sterk golwe te kom tot agter waar mens eintlik moet lê vir goeie golwe. Dis baie makl...