Week 63 - "Surf"-mal

Die rede hoekom ons blog vanaand so laat is, is omdat ons so lekker gekuier het met ons maatjies van Hermanus af :-). Hulle het al die pad gekom om met ons te kom kuier (en bietjie te werk ook) en dit is so lekker om hulle weer te sien.

Jack, Charma, ek en Sandy


Daar is min dinge so lekker soos om vordering te toon. Ons voel dit duidelik met die branderplank-ryery. Elke een van ons is op ons eie vlak, en vorder teen 'n ander tempo, maar een ding het ons almal in gemeen. Ons vorder :-)

Ek en Pieter met ons nuwe "Changing Towels" van my skoonma Annette af


Maandag het ons getrek van ons een huisie in Jeffreysbaai na ons ander een. Die nuwe een is baie nader aan Albatros-strand (nie die hoofstrand nie) en Pieter het opgewonde kom vertel dat die golwe BAIE mooi lyk die oggend. Ons moes ongelukkig eers klaar trek (en skoonmaak) voor ons kon "surfboards" laai en gaan, so ons het so bietjie van die oggend "gemors" in daardie opsig.

Albatros strand - waar ons deesdae uithang



Die golwe was WONDERLIK! Net soos wat ek daarvan hou. Groot genoeg (nie te groot nie) en sterk genoeg (nie te aggresief nie). Ek kon my "pop-ups" oefen na hartelus, en toe Pieter ons uiteindelik "join" was ek dapper genoeg om "backline" toe ook te gaan. My lekkerste oomblik was toe 'n langhaar-jongman (obviously 'n surfer) met sy hond verby stap op die strand en gaan stilstaan en kyk toe ek 'n golf ry. Toe ek klaar is, toe "cheer" hy vir my en wys die universele "surf" teken (vuis met 'n duim en 'n pinkie in die lug)! DIT was AWESOME!

Ons het baie lekker gemaklik geslaap in ons nuwe huisie. Ons sukkel glad nie meer om die eerste aand in 'n nuwe plek te slaap nie. 'n Mens is darem maar so aanpasbaar.

Kaap St Francis se lekker "surf-spot" - Seal point


Dinsdagoggend het ons ook sommer vroeg al Albatros toe gegaan om te gaan surf. Die golwe was nie sterk genoeg vir Pieter nie, so vir 'n verandering is daar bietjie videos van hoe ek en die kinders speel in die see. Die "surf-report" was dat daar die middag 5-uur 6 meter hoë golwe sou wees by Kaap st Francis, en ons wou graag gaan kyk hoe die goeie ouens sulke golwe ry in lewende lywe. So na ons ontbyt geëet het en kos ingepak het, het ons Declan se maatjie gaan oplaai in die dorp en Kaap St Francis toe gery.

Charma by die backline!


Die golwe was heerlik en daar was 'n hele mengsel van surfers. Beginners, bietjie beter "surfers" en ook baie goeie "surfers". Dit help baie as daar soveel verskillende vlakke van vermoeëns is want dan motiveer dit jou om beter te word.

Toe gebeur daar 'n AMAZING ding - Charma besluit om backline toe te gaan! Dit was so 'n dapper oomblik vir my poplap! Ek het maar videos geneem waar ek kon (ek wens ek het 'n beter kamera gehad hiervoor...) maar dit was so lekker om dit te kon dophou. Sy was lekker gekarnuffel deur so paar golwe, maar sy het elke keer weer rats op haar "board" geklim en weer verder ge"paddle".

Met die lekker paar dae se speel in die see, het Pieter begin kans sien vir die moeiliker "surf-spots" hier in Jeffreys.

Interessante karakters in Jbay - hierdie is by Point gewees vandag


Die volgende trappie op.

Dit is op hierdie stadium "Point". Wat al die ander "surf" plekke 'n uitdaging maak is die rotsrif waarop die golwe breek. Dit maak die in-"paddle" asook die uit-"paddle" 'n baie groot uitdaging en dan natuurlik wanneer jy die golf self ry is dit belangrik om reg te "val" as jy klaar is.

Met sy moed-vlakke hoog, stap Pieter toe sommer van Albatros strand af Point toe en ek vat die kar nader. Hy kom toe by die ingaan-plek aan net soos 'n ander ou ook ingaan, so dit maak dit toe vir hom maklik om die ander surfer net te volg.

Pieter se eerste keer wat hy Point gaan "surf" het


Ek en die kinders het in spanning gewag en gekyk hoe hy 3 baie mooi golwe ry! Dit was so lekker. Hy het hy sy grys swem hemp bo-oor sy "wetsuit" aangetrek so ons kon hom darem uitken tussen almalwas heeltemal te ver om ons te hoor "cheer" maar gelukkig .

Nou is daar geen keer meer aan Pieter nie. As hy wel uithang by die kleiner golfies, dan doen hy dit net vir ons klomp.


Saam met Carissa Moore


Jeffreysbaai is besig om te bars van opwinding oor die groot "surf" kompetisie wat hierdie week gaan begin. Vandag terwyl ons die "surfers" dophou by "Point", kom daar so pienk wetsuit op 'n surfboard verbygevlieg! Toe sy uit die water uit draf, gaan vra die kinders vir haar wat haar naam is, en sy is toe wraggies een van die "pro's" - Carissa Moore.


Dit is interessant hoe die see elke dag anders is. Vandag was al die surf-plekke se golwe ten minste 6 meter hoog.

Monsters!

Ons het meeste van die dag van een surf-plek na die ander gery en gekyk hoe die swart spikkels teen die water-mure gly. Laat-middag het dit eers bedaar dat ons ook so bietjie kon speel.


Terwyl ons lekker in die see baljaar het laatmiddag, het Barry vir ons 'n feesmaal los gebraai. So ons magies is vol geëet, en ons is gereed vir 'n goeie nagrus.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

The best surfing spots in South Africa along the West Coast (so far)

Verf en verf en verf

Week 51 - Tweede week in Mosselbaai, kuiers in Gauteng en 'n padrit na Stilbaai