Plasings

Wys tans plasings vanaf November, 2012

Kersfees-koekies!

Prent
Ek en my niggie Keara-Lin dreig nou al 'n rukkie om koekies te bak vir kersfees. So sy het toe uiteindelik gister die hele dag hier by my kom kuier en ons het 2 bakke vol koekies gebak!

Ons het eers 'n Golden Cloud boks-koek gebak en cupcakes gemaak van dit


Kyk net hoe mooi lyk dit!

Dis nou nie - "food-magazine" kwaliteit nie, maar goed genoeg vir my blog, dink ek!



Daar moes toe natuurlik ook tee-tyd gehou word!


Toe begin ons met die soetkoekies - altyd 'n wenner!
 Keara bestudeer haar handewerk met 'n kritiese oog -

Kyk net hoe mooi :-)





Die volgende batch was biscotti -- mmmmmmmm----




 eweredig verdeel... :-P



Feast your eyes!


En laastens vanilla crescents






Al die resepte wat ons gebruik het is op my pinterest-profile: http://pinterest.com/rutcloete/christmas-cookie-time/

Boeremeisie update

Prent
So, ons voel heel tevrede met ons groentetuintjie. Dit is bietjie motivering om voor die rekenaar-skerm uit te skuif en buite in die son te wees saam met die kinders, dit is bietjie fisiese oefening (het daai een BAIE nodig!) en dit help ons om weer bietjie groente te eet. (alhoewel dit my nou huidiglik inspireer om daaroor te sit en "blog"!)

Pieter het 'n "kick-ass" beesvleis pastei resep uitgedink, en ons is van plan om elke Vrydag-aand (sover ons kan) mense oor te nooi vir ete. Dis 'n jammerte dat ek nie foto's geneem het van die ete's wat nou al verby is, maar nouja, miskien sal party van ons gaste verlig wees om nie op die internet op 'n blog te wees nie!

Ons wortel-bedding gee vir my baie vreugde :-). Nikolai en Deci het dit gehelp plant, en ons het toe nie geweet dat jy die wortels moet meng met 'n bietjie grond nie, so ons wortels is nogals baie "crowded", maar daar is tog so paar lekker groottes tussenin. Ons trek maar so…