Boeremeisie update

So, ons voel heel tevrede met ons groentetuintjie. Dit is bietjie motivering om voor die rekenaar-skerm uit te skuif en buite in die son te wees saam met die kinders, dit is bietjie fisiese oefening (het daai een BAIE nodig!) en dit help ons om weer bietjie groente te eet. (alhoewel dit my nou huidiglik inspireer om daaroor te sit en "blog"!)

Pieter het 'n "kick-ass" beesvleis pastei resep uitgedink, en ons is van plan om elke Vrydag-aand (sover ons kan) mense oor te nooi vir ete. Dis 'n jammerte dat ek nie foto's geneem het van die ete's wat nou al verby is, maar nouja, miskien sal party van ons gaste verlig wees om nie op die internet op 'n blog te wees nie!

Ons eerste "wortel-oes"
Ons wortel-bedding gee vir my baie vreugde :-). Nikolai en Deci het dit gehelp plant, en ons het toe nie geweet dat jy die wortels moet meng met 'n bietjie grond nie, so ons wortels is nogals baie "crowded", maar daar is tog so paar lekker groottes tussenin. Ons trek maar so tussen-in elke kaar wortels uit soos ons dit nodig het, met die hoop dat die kleintjies dan kans sal hê om te groei.

 Hier kan mens sien hoe my wortel-"patch" al bietjie kleiner geword het (links onder) en hierdie foto is geneem toe ek UITEINDELIK my bedding met die eiervrug skoongemaak het. Ek is so bly dat ek darem 5 eiervrug-plantjies het! Ek het ook gesien dat my ertjies die aarbeie bietjie verdruk en het dit probeer oorplant in die "paadjies", maar die het intussen gevrek, en ek gooi nou maar al die dooie ertjie-plante daarop, soos dit klaar gedra het.

Hier bo is hoe dit vandag lyk.
 

Ons mint is ook nogals 'n groot bos, en ek het probeer rooibostee met mint maak, maar net ek hou daarvan. Ek sal moet bietjie mint-jellie resepte of iets kry!
 Pieter het ook intussen in die groot bedding onder die pampoene, netjiese rytjies beet, spinasie, wortels, slaaiblare en groen rissies geplant.
Ons pampoene het ook intusses planties gekry en ons het intussen darem al die beddings skoner gemaak!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

The best surfing spots in South Africa along the West Coast (so far)

Week 33 in Afrikaans - Stellenbosch, Paarl, Taalmonument

Verf en verf en verf