Week 48 - Ons laaste paar avonture in Kaapstad
Die eerste deel van die paadjie in die kloof op Ons week het met 'n "bang" begin toe ons Maandagoggend die "Crystal Pools" staproete naby Gordonsbaai gaan doen het. As mens net deur Gordonsbaai gery het, dan is daar so parkeer area aan die regterkant van die pad. 'n Mens stap dan na die oorkant van die pad, en wys jou permit by die wendy-huisie om by die hek in te stap. Dis 'n steil 2 km roete in die Steenbras-kloof op tot by die eerste groot poel. Van daar af kan jy besluit of jy wil terugstap en of jy verder in die kloof wil opstap om die ander 4 poele te gaan verken. Heel bo Ons het gekies om verder te stap - tot bo-op die hoogste punt waarvandaan ons kon kyk tot teen die Steenbrasdam se wal en al die pad onder tot by die see. Al die poele was heerlik om in te swem, en alhoewel die dag redelik koud begin het, het ons vinnig warm begin word. Ek moet sê hierdie Kaapse berge met hulle diep donker poele het my hart gesteel. Dit is regtig bes...