(Week 10 - In Afrikaans) - Ushaka Marina World, Durban & last week in Kingsburgh
Oormore sal ons al presies 2 maande al op ons "roadtrip" wees. Toe ons vertrek het die 26ste April was ons eintlik maar bietjie benoud en as ek nou terugkyk op wat verby is, is die Here vir ons net goed gewees. Hierdie maand voel vir ons asof ons in vakansieland is, al werk ons tussen alles is dit darem maar net anders om die hele tyd die see te kan hoor en by die venster te kan uitkyk en hom te sien ook! Toe ons laasnaweek gaan klim het, het ons weer vir Craig raakgeloop van die bergklub (MCSA) - die ou wat die praatjie oor slange aangebied het vroëer die maand. Hy werk by Ushaka Marine world in Durban en hy nooi ons toe om hom te kontak wanneer ons soontoe gaan dan kan hy vir ons kom hallo sê. Ons besluit toe Dinsdag om te gaan en bel hom toe. Wat 'n amazing ou! Hy is so 'n kundige op die gebied van al die seediere, dat hy vir ons toe sommer 'n persoonlike begeleide toer deur die akwarium gee! Selfs deur die deure wat sê "staff only" om vir ons...