Week 68 - Party van ons moet bietjie werk ook
Ek het laasweek Donderdag Johannesburg toe gevlieg. Ek het eers gister weer terug gekom. My pa het verjaar en ons het vir hom 'n groot partytjie gehou en ons het baie familie en vriende weer gesien. Op die werksdae tussen toe en nou het ek gewerk en kliƫnte gesien, want iemand moet dit ook darem doen partykeer... (:-)) Pieter en die kinders het (terwyl ek weg was) Port Elizabeth toe geskuif van Jeffreysbaai af. Dit was vir hulle interessant toe hulle so terloops 'n karwag raakloop wat hier in PE is wat ons eers in Jeffreysbaai ontmoet het. Hy is oppad Oos-Londen toe en beweeg so op kuslangs. Hy het dadelik on swart kar met die brnaderplanke bo-op herken en vir Pieter hulle gaan groet. Ons bly in 'n lekker familie-huis in 'n lekker buurt en dit voel amper asof ons hierheen getrek het. Die mense in wie se huis ons bly is weg vir die maand, so toe besluit hulle om die huis beskikbaar te stel vir toeriste en sommer bietjie inkomste te kry terwyl hulle weg is. Dit...