Plasings

Wys tans plasings met die etiket KZN

Three things we loved most about Kwazulu Natal

Prent
At Ushaka Marine World in Durban Kwazulu Natal surprised me. It really captured my heart and for the moment I think it is the best province in South Africa! Three things really stood out for us: The Beaches KZN beaches are great - even when it's windy. The weather is great - and when it is winter everywhere else - KZN seems to be at its best! We had a great time at all the beaches we went to; Ramsgate, Uvongo, Umzumbe, Mtunzini, Durban, St Lucia... they all felt safe, were clean and almost all of them had a lifegaurd or two on duty.  Ramsgate beach The Mountains The Drakensberg Mountains are possibly South Africa's most famous mountain range. It stretches for 1000 km from the Eastern Cape into Limpopo Province and has some of the most majestic scenes I have seen in my life. The KZN section of the Mountain Club of South Africa has access to the best spots for rock climbing and hiking, and we will definitely be back for more of that! Klip Kloof on t...

(Week 16 in Afrikaans) - Terug op die plaas

Prent
Vir die eerste keer in 16 weke het ons 'n redelike "normale" week gehad. Ons is weer hier op die plaas uitgespan, en dit voel amper of ons 'n breek het van ons toer. (Nie dat ons dit nodig het nie!)  Ek het die week lekker tyd gehad om skool te gee en bietjie op te vang waar nodig. Dit lyk in die nuus asof ons regering wil stywer beheer neem oor die tuisskolers ook en ek is 2 keer gekontak deur die departement van onderwys vir dokumente wat blykbaar nie ontvang is deur hulle toe ek geregistreer het as tuisskoler nie (alhoewel my applikasie volledig was). My liefste dogtertjie se oorbelletjies wat sy vir haar verjaardag gekry het se stoppertjie het binne in haar een oor vasgesit. Dit het my amper 2 weke geneem om agter te kom... ek dog net dis snaaks dat die oorbelletjie so vassit... eers toe ek uiteindelik die oorbelletjie uit het toe besef ek die rubber stoppertjie is wat hom so vasgehou het... Dit moes toe natuurlik ook uit en na 'n paar dae lank se gesp...

(Week 12 - In Afrikaans) - Hluhluwe-Imfolozi park, St Lucia en Isimangaliso

Prent
Ons het Maandag die hele dag by die Hluhluwe-Imfolozi Park spandeer. Buiten die renosters, olifante, rooibokke en ander groot wild, het 'n dassievoël vir ons gesing by een van die skuilings. Dit is 'n pragtige park, omring met heuwels en die mooi Imfolozi rivier wat kronkelend deur die park vloei. Dinsdag het ons die boonste deel van die park besoek, en oppad soontoe het 'n tierboskat oor die pad gehardloop! Dit was nie eers in die park nie, dit was net buite St Lucia! Ek het daai dag bokkies gesien wat ek nog nooit voorheen gesien het nie, en dit was so lekker om saam met die kinders alles op te soek in ons diere-boek. Dit was 'n ysige dag Dinsdag, en Pieter het 5uur opgestaan om vir ons 'n lekker vleis-pot aan die gang te kry. My skoonsus het vir ons 'n "wonderbag" persent gegee voor ons uit Pta is en die pot is in die wonderbag gehou heelpad deur die wildtuin. By een van die piekniekplekke het ons gestop en heerlike warm kos geëet vi...

(Week 11 - In Afrikaans) - St Lucia

Prent
Hierdie week het soos aan die einde van ons eerste maand, en ook die week net voor ons begin toer het, my swakhede mooi duidelik na vore gebring. Die op-pakkery en organisering van al ons goed  maak my senuweeagtig en kortaf. Ek wil so graag alles los soos ons dit gekry het en in my vreeslike "moeite" (skoonmaak en regskuif) loop iets altyd verkeerd). Dit is nogal stresvol vir my om in iemand anders se plek te bly en al hulle goed te gebruik in daardie opsig, want dit is dan ons direkte verantwoordelikheid as iets beskadig word.. Dankie tog daar het niks gebeur die hele maand lank met die *leerbank* in die woonstel nie... maar ek het wel 'n handoek verloor (??!!!???) en 2 glase het gebreek en daar is definitief minder plastiek glasies oor.... aijaijai... Nietemin, die week was goed. Declan het verder geleer "surf" en sy blink ogies was vol sterretjies. Charma het die week lag-lag omgespeel met haar maatjie wie in die woonstelblok bly en selfs Pieter het ...

(Week 10 - In Afrikaans) - Ushaka Marina World, Durban & last week in Kingsburgh

Prent
Oormore sal ons al presies 2 maande al op ons "roadtrip" wees. Toe ons vertrek het die 26ste April was ons eintlik maar bietjie benoud en as ek nou terugkyk op wat verby is, is die Here vir ons net goed gewees. Hierdie maand voel vir ons asof ons in vakansieland is, al werk ons tussen alles is dit darem maar net anders om die hele tyd die see te kan hoor en by die venster te kan uitkyk en hom te sien ook! Toe ons laasnaweek gaan klim het, het ons weer vir Craig raakgeloop van die bergklub (MCSA) - die ou wat die praatjie oor slange aangebied het vroëer die maand. Hy werk by Ushaka Marine world in Durban en hy nooi ons toe om hom te kontak wanneer ons soontoe gaan dan kan hy vir ons kom hallo sê. Ons besluit toe Dinsdag om te gaan en bel hom toe. Wat 'n amazing ou! Hy is so 'n kundige op die gebied van al die seediere, dat hy vir ons toe sommer 'n persoonlike begeleide toer deur die akwarium gee! Selfs deur die deure wat sê "staff only" om vir ons...