Plasings

Wys tans plasings met die etiket Langebaan

Week 32 in Afrikaans - Laaste week in Langebaan

Prent
As 'n mens so lank by mekaar is, dan vergeet jy soms dis lekker en verbeel jou dan dis sleg. Dit gebeur soms met ons op die toer. (Ja ek weet dit klink onwaarskynlik...) Ons is 24 uur per dag by mekaar. Niks meer "alleen-tyd" as die kinders skooltoe gaan of buitemuurse aktiwiteite doen of watookal ons nog gedoen het toe ons "normaal" was nie. Die huisies waarin ons bly is gewoonlik so klein dat ons nie in die aand (of in die oggend) in die bed net bietjie kan afskakel en re-cap oor die dag se gebeure nie.. soos 'n "wind down" So dit was 'n vars briesie van wonderlikheid toe die kids die week whatsapp videocalls ontdek het. Hulle het ure lank met maats en familie gesels en dit het die hele ondankbare atmosfeer gebreek. Wys jou net hoe nodig mens ander mense het. Ek is BAIE dankbaar vir vriende en familie! Hierdie was ons laaste week in Langebaan. Daar was 'n dringendheid in my hart om die plek uit te put vir wat hy ons kan bied...

Week 30 in Afrikaans - !Kwha ttu, Weskus fossielpark en branderplankry

Prent
Hierdie week was ons by 2 baie interessante plekke. Die eerste een was !Khwa ttu, 'n plek waar mens leer van die San mense. Dit is ook 'n skool vir San mense om heen te gaan en self te leer van hulle eie kultuur wat amper heeltemal uitgesterf het. Dit was baie interessant, en die plek is baie mooi ingerig.  Dit het my herinner aan 'n boek "Eternity in their hearts" waarin 'n sendeling vertel dat God in elke kultuur en taal iets van Homself gebêre het sodat mense van alle nasies Hom sal soek. Ek het gewonder of Hy dalk juis in vandag se Suid Afrika al die volke in 'n identiteitskrisis in dompel sodat ons Hom weer moet begin soek. Die tweede plek was die Weskus fossielpark wat perfek was vir Declan se NW waarmee ons die week begin het wat gaan oor fossiele. Dit is 'n massiewe stuk land wat vol versteende beendere is - dit lyk soos 'n groot diere graf. Hulle het sabel getande tiere se beendere daar gevind, 'n megalodon haaitand, 'n ...

Week 29 in Afrikaans - Langebaan

Prent
Die strandmeer hier in Langebaan is 'n pragtige plek. Ons stap graag so teen die strand af al langs die meer of vat ons koppie koffie en gaan sit op die bankie wat uitkyk oor die water. Daar is 'n eiland reg voor ons wat "Schaapeneiland" genoem word en dit lyk asof dit lekker sal wees om rondom hom te swem een dag. Die robbe kom speel ook gereeld hier in die rustiger water en wanneer die wind opsteek (soos dit elke dag doen) is die kite-surfers volop. Die wind waai omtrent altyd en dit vat tyd om gewoond te raak aan die koue (van die wind) so deur die hitte (van die son)... alhoewel die water hier baie warmer is as by enige van die ander weskus strande hier rond. Woensdag het Pieter summier besluit ons moet 'n surfboard gaan koop, en ons pak toe die amper 2 ure se ry aan na Blouberg toe. Ons sal uiteindelik almal graag wil probeer om te surf, en daarom was dit nodig dat die bord nie net groot genoeg sal wees vir Declan nie, maar ook vir Pieter moet kan hou....

Week 28 in Afrikaans - Sutherland, Langebaan, Paternotster

Prent
Maandag was ons weereens verstom oor hoeveel grondpad tussen dorpe kan lê, en hoe skielik alle konnektiwiteit verlore kan raak in die ver ente pad tussen die dorpe. Sutherland is eintlik net 'n klein dorpie met stofstrate. Daar is 'n OK en straatkafees en interessante winkeltjies. Maar ons was daar vir die sterre so ons eerste stopplek was die planetarium. Die planetarium gebou is baie kleiner as die een wat ons in Johannesburg het maar die sitplekke maak op daarvoor met die gemak-faktor! Hulle lê sommer so VER terug sodat jy amper voel jy lê op 'n bed.. Dit was net ons 4 en 2 ouer dames wat die vertoning bygewoon het. Die vertoning was nie so "wow" nie, en die een ou tannie agter ons het heerlik gelê en snork in die gemaklike stoel. Charma self het ook bietjie haar middagslapie opgevang en ons het lekker gelag vir die 2 wat so lê en slaap! Ons het die volgende dag na die "South Africa Large Telescope" gaan kyk. Met die dagtoer vat hul...