Week 44 - Onrus, Bettiesbaai, Botrivier
Ons het vroeg opgestaan Maandagoggend en vol opwinding in ons harte, ry ons toe lughawe toe! My ouers kuier heelweek hier by ons en ons kon nie meer wag nie! Na ons hulle opgetel het, het ons in Longstreet gaan ontbyt eet en ek en Pieter is toe agtergelos daar vir ons eerste "date night" in wat voel soos 'n honderd jaar. Heerlik. By 'n Etiopiese restaurant in Long Street Longstreet in Kaapstad is vol karakter. En dan is daar nogal baie soorte karakters ook wat daar rondhang. Ons het gesien hoe sakkerollers ("pick-pockets") hulle beste aandag-aftrek tegnieke gebruik om hulle besigheid te doen, hoe dwelmverkopers slinks uitvind wie potensiële kliente is, en hoe toeriste met blink oë van winkel na winkel, of restaurant na restaurant stap. Dit is 'n plek wat baie "hip and happening" is, maar tog soveel geheime van lank, lank gelede wegsteek dat dit amper vir my voel ek moet sykouse en 'n mooi hoed dra met rooi lippe en donker geg...