Plasings

Wys tans plasings met die etiket Weskus

Week 57 - Ons laaste volle week in Plettenbergbaai

Prent
Hierdie week het ons baie werk (WISKUNDE) gehad om te doen, maar tussenin het ons opgelees oor haaie, geleer hoe loeries sing en hoe om stories beter te vertel. So tussendeur die tafels en tellery het die kinders ook geleer hoe om vloere ordentelik te vee en badkamers skoon te maak... 'n mens kan regtig so baie doen met tuisskolery :-) Wiskunde ... Dinsdag het ons gery na die Forest Hall Estate toe om vir Pieter (of Piet) te ontmoet. Hy bestuur so paar sulke pragtige ou plase hier in Suid Afrika vir oorsese mense en was vriendelik genoeg om ons toe te laat op hierdie een naby Plettenbergbaai. Die huis dateer uit die 1800's uit en is omskep in gastekamers vir mense wat stylvol en geseënd is (ons is ook natuurlik geseënd, maar ek bedoel op 'n spesifieke geldelike manier geseënd :-)). Al die geboue op die plaas is dieselfde mee gedoen en mens kan heerlike samekomste op hierdie pragplek vier. Die mooi groot huis op Forest Hall Estate Ons was egter daar vir die st...

Week 30 in Afrikaans - !Kwha ttu, Weskus fossielpark en branderplankry

Prent
Hierdie week was ons by 2 baie interessante plekke. Die eerste een was !Khwa ttu, 'n plek waar mens leer van die San mense. Dit is ook 'n skool vir San mense om heen te gaan en self te leer van hulle eie kultuur wat amper heeltemal uitgesterf het. Dit was baie interessant, en die plek is baie mooi ingerig.  Dit het my herinner aan 'n boek "Eternity in their hearts" waarin 'n sendeling vertel dat God in elke kultuur en taal iets van Homself gebêre het sodat mense van alle nasies Hom sal soek. Ek het gewonder of Hy dalk juis in vandag se Suid Afrika al die volke in 'n identiteitskrisis in dompel sodat ons Hom weer moet begin soek. Die tweede plek was die Weskus fossielpark wat perfek was vir Declan se NW waarmee ons die week begin het wat gaan oor fossiele. Dit is 'n massiewe stuk land wat vol versteende beendere is - dit lyk soos 'n groot diere graf. Hulle het sabel getande tiere se beendere daar gevind, 'n megalodon haaitand, 'n ...

Week 29 in Afrikaans - Langebaan

Prent
Die strandmeer hier in Langebaan is 'n pragtige plek. Ons stap graag so teen die strand af al langs die meer of vat ons koppie koffie en gaan sit op die bankie wat uitkyk oor die water. Daar is 'n eiland reg voor ons wat "Schaapeneiland" genoem word en dit lyk asof dit lekker sal wees om rondom hom te swem een dag. Die robbe kom speel ook gereeld hier in die rustiger water en wanneer die wind opsteek (soos dit elke dag doen) is die kite-surfers volop. Die wind waai omtrent altyd en dit vat tyd om gewoond te raak aan die koue (van die wind) so deur die hitte (van die son)... alhoewel die water hier baie warmer is as by enige van die ander weskus strande hier rond. Woensdag het Pieter summier besluit ons moet 'n surfboard gaan koop, en ons pak toe die amper 2 ure se ry aan na Blouberg toe. Ons sal uiteindelik almal graag wil probeer om te surf, en daarom was dit nodig dat die bord nie net groot genoeg sal wees vir Declan nie, maar ook vir Pieter moet kan hou....

Week 26 in Afrikaans - Lambertsbaai

Prent
Lambertsbaai was ons volgende stop. Pieter het vir ons 'n pragtige plekkie bespreek met 'n dakkamer (wat Charma onmiddelik ge"deps" het!) en 2 slaapkamers onder... so hier is slaapplek vir 5 mense maar dis gelys as 'n 4-persoon huisie. Ons huisie in Lambertsbaai Ons was bietjie vroeg al gereed om in te boek want Vredendal is nie so ver van hier af nie en 'n tannie wat hier naby bly (die opsigter) het gou kom kyk of alles reg is vir ons. Sy het baie vinnig gesê ons moet nie daar bo slaap nie want hulle het al 'n "insident" gehad. Charma se gesiggie het dadelik geval en ek het net vir haar gesê "sssjjjt" want ek het gedink as sy by Mtunzini nie by die leer afgeval het nie sal sy sekerlik nie by die trappies hier afval nie. Trappies na die boonste kamer Hier is gelukkig 'n Spar hier waar ons inkopies vir die week kon doen en lekker strate vir fietsry (so ons kon redelik "lig" ry van Vredendal af sonder inkopi...

Week 24 (In Afrikaans) - Hondeklipbaai

Prent
Na 'n naweek van begin skoonmaak en pak en weer ophou het ons Maandag(!) uiteindelik finaal opgepak en aan die gang gekom. Dit het omtrent 3 ure gevat om vir almal totsiens te sê. Dit het gevoel of ons net sowel bietjie langer kon bly... Die kinders se maatjies, Carter en Jayden, en ons liewe tannie Jossie het so lekker laaank met ons gesels voor ons daar weggekom het. Maar toe ons uiteindelik wil ry, toe wil die kar nie "start" nie en die een wiel is pap! Tannie Jossie, by wie ons laaste tee gedrink het, bel toe haar seun en hy ry toe spesiaal om vir ons te kom help. Ons volgende stop was Hondeklipbaai. Die pad soontoe het baie roetes. Almal het ons gemaan om te ry op 'n sekere manier wat bietjie meer kilometers is, maar meer teerpad en minder sinkplaat grondpad. Iewers het ons egter iets misgery en ons is toe op die ou einde omtrent heelpad grondpad tot daar. Dit was ook oraait want ons het die mooi landskap geniet en selfs op een plek 'n skilpad wat in...