Plasings

Wys tans plasings vanaf 2014

Verf en verf en verf

Prent
Ons slaapkamer se badkamer het die vreeslikste pienk blommetjie teëls gehad. Een so teëltjie is mooi, maar as jy 'n hele badkamer met dit doen, raak dit bietjie erg vir ons 2014-oë. Ons toilet het ook nie eers gewerk nie (het nie geweet dat mens daarna moet kyk voor jy 'n huis koop nie...) Ek hoor toe dat mens oor dit kan verf en ek probeer dit toe.  Ek dog toe ek wil "kreatief" wees en die randjie hou van die tëels. TERRIBLE IDEE!! Dit lyk toe eerstens nie te great nie, en tweedens het ek universal undercoat en wit pva verf gebruik - glad nie baie slim nie, maar dis mos wat gebeur as jy MOEG is....jy word DOM...  Arme Kelina skrop toemet 'n potskuurder 2 weke lank af daaraan.... en ek begin toe van voor af.  Sy kon nie oral inkom met haar lappie nie en op 'n vriend van ons, Andre du Toit ( www.roofcoating.co.za ) se raad, skuur ek dit toe verder af met die klein "grinder" en staalborseltjie. 

Muurpapier mapstieks

Prent
Ons nuwe (ou) huis se hoofslaapkamer se een muur was bedek met muurpapier.    Onder normale omstandighede is muurpapier soms (met die klem op SOMS) mooi, maar die was oud en het soos die vorige eienaar geruik.  So, dit moes af.  Dit is snaaks hoe mens soms met woema kan wegspring en dinge vinnig en maklik kan klaarkry en ander kere spring jy weg en jy neuk dit eintlik net goed op... 'n Skrapertjie is nie die oplossing nie... So het ons toe agtergekom... Alles kom nie mooi af nie en dit vat BAIE lank. EN dit is 'n groot gemors.  My maatjie Clarette, kom toe met die oplossing: Tadaaaah!! 'n Muurpapier afhaler!!! Dit was sommer tjoef-tjaf! Toe's alles af!  Die masjientjie werk basies soos 'n ketel, die stoom laat die muurpapier loskom dan trek jy dit sommer af. As dit bietjie vassit dan stoom jy dit maar net weer.  Selfs die kinders kon inspring en help. Hulle het dit geniet om met die skrapertjies te help werk! Toe was dit maklik om te verf. Kyk net die verskil: Die b

Kantgordyne

Prent
Ek was nie altyd 'n kantgordyn girl nie. Maar toe ons hier intrek was dit asof dit iets geword het op my 'to-do' lysie.  Ek kan nie naaldwerk doen nie, en het ook nie 'n masjien nie, maar my skoonsus, Leanie Stapelberg kan en het die bogenoemde en was lus om my te help. So begin die les toe: Eers moet jy jou gordyne meet.  Jy meet die reeling van links na regs en maal dit met 2 omdat jy nog die gordynband sal wil inryg. Ek het myne met nog 2 gemaal want ek wou dit 2 lae gee sodat mens nie deur kan sien van buite af nie.  Dan werk jy some in aan die regter- en linkerkant. Ek het so oulike meet-dingetjie gebruik: Dit is goed om met spelde dit eers te steek voor jy dit stik.  Dan kan jy maar dit werk en soos jy vorder, die spelde een-een uithaal.  Sodra altwee kante van altwee lae gordyne se some ingewerk is (onthou dat hulle na dieselfde kant toe gewerk is), kan jy hulle teen mekaar sit en aan mekaar vaswerk.  Weer sal jy dit aanmekaar vasspeld en dat werk. Dis ook belang

Huis, paleis, pondok, varkhok

Prent
Ons het 'n huis gekoop! Die huis was in die "seventies" gebou en spog met teels en matte wat die mense mal oor was daai tyd. Ons meeste geld gaan huidiglik in die herstel van die dak, so ons sal moet slim wees om die res van die huis mooi te maak op ons (non-existing) "budget".  Sover in die maand wat ons nou al hier bly, het ek die kaste in die kombuis al 3 keer uitgewas om die reuk van sigaret rook uit te kry. Ek het handy andy teen die teels teen die mure gespuit en met 'n besem afgeskrop, en ons bruin kaste in die kamer is toe eintlik 'n spierwit blink kas nadat Kelina hom betower het met haar lappe en emmer vol seepwater.  Ek het ook ons bad se drein ontblok na 'n week se gesukkel met asyn en koeksoda en kookwater en selfs daai sterk chemiese drein ontblokkers. Die koeksoda word eerste in die drein gat gegooi en dan volg jy met asyn. Laat die mengsel dan lekker borrel vir 'n tydjie en dan spoel jy dit finaal uit met kookwater.  En die finale