Huis, paleis, pondok, varkhok

Ons het 'n huis gekoop!

Die huis was in die "seventies" gebou en spog met teels en matte wat die mense mal oor was daai tyd. Ons meeste geld gaan huidiglik in die herstel van die dak, so ons sal moet slim wees om die res van die huis mooi te maak op ons (non-existing) "budget". 

Sover in die maand wat ons nou al hier bly, het ek die kaste in die kombuis al 3 keer uitgewas om die reuk van sigaret rook uit te kry. Ek het handy andy teen die teels teen die mure gespuit en met 'n besem afgeskrop, en ons bruin kaste in die kamer is toe eintlik 'n spierwit blink kas nadat Kelina hom betower het met haar lappe en emmer vol seepwater. 

Ek het ook ons bad se drein ontblok na 'n week se gesukkel met asyn en koeksoda en kookwater en selfs daai sterk chemiese drein ontblokkers. Die koeksoda word eerste in die drein gat gegooi en dan volg jy met asyn. Laat die mengsel dan lekker borrel vir 'n tydjie en dan spoel jy dit finaal uit met kookwater. 

En die finale deurbraak kom toe deur daai ou swart rubber suigding. (Sien die prentjie)
Dit was "GROSS"!!! Pikswart "goooo" van seker die laaste 30 jaar wat uit die drein skiet! Maar daarna het hy gewerk!




Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

The best surfing spots in South Africa along the West Coast (so far)

Verf en verf en verf

Week 51 - Tweede week in Mosselbaai, kuiers in Gauteng en 'n padrit na Stilbaai