Muurpapier mapstieks

Ons nuwe (ou) huis se hoofslaapkamer se een muur was bedek met muurpapier.  

 Onder normale omstandighede is muurpapier soms (met die klem op SOMS) mooi, maar die was oud en het soos die vorige eienaar geruik. 

So, dit moes af. 

Dit is snaaks hoe mens soms met woema kan wegspring en dinge vinnig en maklik kan klaarkry en ander kere spring jy weg en jy neuk dit eintlik net goed op...

'n Skrapertjie is nie die oplossing nie... So het ons toe agtergekom... Alles kom nie mooi af nie en dit vat BAIE lank. EN dit is 'n groot gemors. 

My maatjie Clarette, kom toe met die oplossing:

Tadaaaah!!
'n Muurpapier afhaler!!!

Dit was sommer tjoef-tjaf! Toe's alles af! 


Die masjientjie werk basies soos 'n ketel, die stoom laat die muurpapier loskom dan trek jy dit sommer af. As dit bietjie vassit dan stoom jy dit maar net weer. 

Selfs die kinders kon inspring en help. Hulle het dit geniet om met die skrapertjies te help werk!

Toe was dit maklik om te verf. Kyk net die verskil:


Die bed staan ook nou natuurlik teen die ander muur....

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Finding King Shaka's Isivivane

The best surfing spots in South Africa along the West Coast (so far)

Week 35 in Afrikaans - Stellenbosch, Houtbaai, Vishoek, Kalkbaai