(Week 14 - In Afrikaans) Laaste week in Mtunzini
So hierdie week het ons onsself in 'n baie bevoorregde posisie bevind en dit ten volle benut. Wat kan nou nog meer bevoorreg wees as om deur die land te toer? Wel, natuurlik om oupa en ouma by jou te hĂȘ om die kinders bietjie dop te hou terwyl mamma en pappa gaan "galavant"! My ma hulle is ongelukkig Vrydag huistoe, so die voorreg was net 'n klein rukkie 'n werklikheid... Maandagoggend het ek en Pieter gaan fietsry in die bos en deur die natuurreservaat. Ons het baie bokkies gesien en spore van watermuishonde en zebras en apies. Ek het uitgekyk vir krokodil spore en het gelukkig nie een raakgesien nie! Dit was heerlik om fiets te ry, veral omdat al die paadjies papnat was van die vorige week se nat weer (*grappie*). Wat nog lekkerder was, was dat ons 'n "kortpad" gekry het deur 'n vlak deel van die rivier. Pieter het voor gery en nadat ek hom bietjie dopgehou het om te sien of hy gaan vassit en om dop te hou of ek dalk 'n krokod...