Week 56 - Lekkerte op lekkerte
Maandag moes ons so paar werkies afhandel vir ons kliënte en toe het ons so net na middag-ete gery na die Keurboom Natuurreservaat hier naby Plett. Met 'n bootjie die Keurboomsrivier op Ons het die aand slaapplek bespreek in die Whiskey Creek hut in die natuurreservaat. Om by die hut uit te kom moet 'n mens 7km met kano's roei en dan so paar honderd meter van waar ons die bootjies kon los, stap. Dit is die beste om in en uit te roei wanneer dit hoogwater is, want anders kan jy nie regtig oor party van die dele roei nie omdat dit te vlak is. Die mooiste tonele het ons omring soos ons geroei het. Digte bome teen die berghange (met name wat ek al geleer het en al klaar weer vergeet het)... GROOT bome, bome met baarde, bome met rooi stamme en bome met klein blommetjies op. Dan was daar ook grotte. Groot grotte met diertjie spore vooraan op die sand, klein grotte wat lyk soos voëlneste, groter grotte wat lyk asof iemand een van die dae gaan sê ons voorouers het daar...