Plasings

Wys tans plasings vanaf 2019

Week 74 en 75 - die einde van hierdie avontuur

Prent
Om terug te gaan na 'n plek toe is dikwels baie anders as wat 'n mens dit onthou het. Laasweek was al vier van ons terug in Pretoria. Hierdie week was ons heelweek op die plaas naby Newcastle. Dit was die eerste keer in 'n jaar en 'n half wat ons al 4 dieselfde tyd in Pretoria was. Hoe vreemd. Maar ons is nie meer lus vir die gejaag van die plek nie. Ons hou nie meer van die groepsdruk in die skool nie. Ons sien nie meer kans vir die tyd wat so gesteel word deur verkeer en aktiwiteite en huiswerk nie. Dit was natuurlik nie hoe ons oorspronklike plan was nie. Ons sou teruggaan en alles sou wees soos normaal. Maar dit kan nie meer wees hoe hierdie seisoen uitdraai nie. Ons verlang terug na die see en ons voel asof ons nou tussen stasies is. Ons een avontuur is voltooi, en die volgende een het nog nie begin nie. Wat presies ons volgende avontuur gaan wees, weet ons self nog nie heeltemal nie. Maar hierdie kosbare tyd met mekaar kan ons nie sommer net so laat ga

Week 73 - Terug waar ons begin het...

Prent
Maandag het ons gery van die wildsplaas af naby Queenstown, tot by Maclear. Heelpad in die Ooskaap. Die landskap herinner baie aan dele van Kwazulu Natal en het amper bekend gelyk. Ek het myself misgis met waar Maclear is, want my plan was eintlik dat ons die Naudesnek bergpas moet ry, maar die is baie nader aan Rhodes en sou 'n 2-ure ompad vir ons beteken het. Dit is ook lekker want dit beteken dat ons weer moet teruggaan soontoe. :-) Sonsondergang op die plaas naby Maclear Ons was lanklaas vir sulke lang tye aaneen in die kar. Die kinders het mooi getrou hulle skoolwerk gedoen en ek het vir ons elke nou en dan voorgelees uit 'n boek wat ek in Bathurst gekoop het. Die boek was nie so lekker boeiend soos "Fiela se Kind" of "Kringe in 'n Bos" nie, so die voorlesing was nie juis suksesvol nie. Dit was baie hartseer om die dorpies te sien wat so vuil en afgeskeep is, diere wat verwaarloos wei tussen vullishope en brandsiek brakke wat weggejaag

Week 72 - Port Alfred en die wildsplaas

Prent
Toe ons laasweek Saterdag in Port Alfred aangekom het, was die see ontstuimig. 'n Stappie langs die strand Die weervoorspelling het gewys dat die wind baie gaan waai en dat dit net Dinsdag mooi genoeg gaan wees vir branderplankry. Dit was heeltemal waar. Dinsdag was "surf'-dag Dit is asof die see al wilder word hoe hoër ons opbeweeg langs die kus. Daar waar die Kowie rivier in die see inloop, het hulle twee piers gebou as ingang in die klein hawetjie waar die bote veilig kan lê.  Die mensgemaakte stellasie maak egter 'n baie lekker golf wat die branderplankryers lekker ver kan ry op goeie dae. Sonsopkoms in Port Alfred Maandagmiddag het ons gou na werk na die Boesmansrivier toe gery. Oral langs die kus is daar rivere wat in die see invloei, en die riviere het dan ook hoog- en laagwater soos die see. Met hoogwater styg al die "jettys" voor die huise waar die bote vasgemeer is op, en met laagwater gaan lê hulle weer in die modder. By omt

Week 71 - Die Ooskaap

Prent
Die laaste week op 'n plek het 'n vreemde uitwerking op ons. Ons is gereed om te gaan in ons harte en aanbeweeg is 'n lekker vooruitsig. Maar elke keer raak ons nogal geheg aan mense.  Laaste "surf" by "Pipe" Ons land is vol oulike mense. Lieflike mense. Interessante mense. Dis elke keer nog lekker gewees om hulle te ontmoet en bietjie te leer ken. Dit was elke keer ook moeilik om totsiens te sê. Konneksies met mense vat dus die koek van menswees. Dit is hoër as avontuur, beter as gedenkstene en museums en soeter as vakansies. Dit maak ons lewens vol en interessant. Niks is vir altyd nie en ons leer dit veral hierdie jaar. Dit is bittersoet. Vriendskappe loop soos seisoene - nie konstant dieselfde nie en altyd veranderend. "Sundowners" by die hawe Ons het hierdie week vir oulaas gaan branderplankry by "Pipe" en "Millers Point". Ons het die sonsondergang gaan kyk by Maitlands, hamburgers gaan eet

Week 70 - Die Vriendelike Stad

Prent
Om te vlieg tussen stede in Suid Afrika, is besig om 'n vorm van normaliteit vir my te word. Te danke aan redelike goedkoop vlugte, en kliënte wat ons dienste nodig genoeg het om te betaal daarvoor. Vlieg is darem maar 'n wonderlike uitvindsel. 'n Mens kan nou binne 2 ure van meeste plekke na meeste ander plekke in Suid Afrika reis. Of nee wag, dis hoe dit lyk, maar dis nie hoe dit regtig is nie. As jy vlieg, moet jy lank voor jou vlug vertrek, al op die lughawe wees. Dan is daar baie tyd wat jy dink jy doen iets, wat jy eintlik net staan en wag. Maar staan en wag is nie so sleg nie. Hulle sê mos dat 'n mens op jou kreatiefste is wanneer jy verveeld is. Jou brein kry kans om af te skakel en net 'n brein te wees. Die Houwhoek Hotel Ek het drie nagte in die Houwhoek Hotel naby Grabouw oorgeslaap. Dit is nouweer 'n ander plek waar kreatiwiteit gevloei het. Ek het hard gewerk deur die dag, natuurlik. En ook vir so rukkie by die hotel om e-posse van die d

Week 69 - Port Elisabeth

Prent
Die stad het nie sy naam gekry van die koningin van Engeland nie - al mag mens vergewe word as jy dalk so gedink het. Port Elizabeth het sy naam gekry as gevolg van een man se liefde vir sy vroutjie. Sir Rufane Donkin se vrou Elizabeth, is oorlede net voor hy Suid Afrika toe gekom het om te dien as die waarnemende goewerneur aan die Kaap. Hy het vir haar 'n piramide opgerig wat oor die hawe uitkyk in wat nou die Donkin Reservaat is en 'n koperplaat op die piramide gesit met die woorde " To the memory of one of the most perfect of human beings who has given her name to the town below." Dit is seker omdat die stad se naam uit liefde gebore is, dat die mense hier so vriendelik is :-) Nadat ons laasnaweek bietjie afgesit is deur die dogtertjie wat haarself sommer net so verlig tussen almal, het ons Maandag na skoolwerk besluit om die stad bietjie te gaan verken. Ons eerste stop was die Tramways gebou. Ons maatjies het vir ons 'n boek gegee oor die besighe