Plasings

Wys tans plasings met die etiket Kunje Gasteplaas

Week 27 in Afrikaans - Cederberge (Kunje Gasteplaas)

Prent
Hierdie week het ons in die Cederberge gebly in 'n eenvoudige huisie op 'n plaas. Ons was weggesteek tussen bome en rotse met baie geheime speelplekke. Daar was so baie dinge op ons lysie wat ons wou gaan kyk as ons in hierdie omgewing is, maar dit wat direk om ons was, was net te aanloklik so ons het die hele week net op die plaas gebly. Oppad hierheen vanaf Lambertsbaai het ons in Clanwilliam gestop en die tronkmuseum en die rooibostee fabriek asook die skoenmaak fabriek besoek. Die plant waarvan rooibostee gemaak word kom natuurlik net in die Cederberge voor. Dit was vir ons baie interessant om te leer hoe die proses werk van die plant tot by die maak van die tee in die boksie. Die fabriekwinkel het 'n lekker "smoothie" van rooibostee wat 'n lafenis was in die amper 40 grade celsius daardie dag! Die skoenfabriek was ook baie oulik- hulle maak regte leerskoene en die hele proses van die leer wat uitgesny word tot waar die sole opgeplak en ge...