Plasings

Wys tans plasings met die etiket Robberg

Week 52 - Mosselbaai, Robberg Stap, St Blaize stap,en branderplankry

Prent
Hierdie week was 'n week vol ontmoetings met vriende. Maandgaoggend was sommer die eerste een. Vriende van ons het 'n boot gekoop en is huidiglik in die Knysna Strandmeer waar hulle besig is met voorbereidings om deur die wêreld te seil met hulle seiljag. Ons het met hulle afgespreek om te gaan oorslaap op Robberg in die "Fountain Shack" - 'n Cape Nature hut op die skiereiland naby Plettenbergbaai. By die Fountain Shack op Robberg Ons het vroeg opgestaan en gereedgemaak om te gaan stap en oor te slaap in die hut. Die gewone konflik het ontstaan oor die groot tekort aan spasie en die groot begeerte om goed saam te vat wat geen nut op die staptoer sal hê nie. Dit maak nie saak hoeveel keer ek die sakke deurgaan om seker te maak net die "essentials" is ingepak nie, ek kan met 100% sekerheid sê daar sal ten minste een teddiebeer ongesiens deurglip... Wees gewaarsku - hierdie rugsakke bevat nie net oorlewings-items nie.. Jaaaaare terug het ek ...