Plasings

Wys tans plasings vanaf Februarie, 2019

The best surfing spots in South Africa along the West Coast (so far)

Prent
We have been road tripping South Africa for the last 10 months now, mostly along the coast. While we were in KZN, our son went for surfing lessons and the feeling was so awesome, he kept bugging us to get to more surfing spots and surf again. We eventually listened to him and bought a surfboard while we stayed in Langebaan. So, here is a newbie's opinion of where to surf along the West coast, starting in Langebaan. 1. Langebaan We stayed in Langebaan for a whole month in November 2018. We surfed in front of Kokomo's restaurant, where the waves were small enough to handle... or completely non-existent. Langebaan is one of the best places to windsurf and kitesurf... but since we did neither of the two - it wasn't one of our best places to surf. If you are a newbie and wanting to surf, we would recommend going to Muizenberg for that. Langebaan 2. Jacob's Bay We spent a day or two at Jacob's Bay, where there are only a few people and houses, so it feels

Week 44 - Onrus, Bettiesbaai, Botrivier

Prent
Ons het vroeg opgestaan Maandagoggend en vol opwinding in ons harte, ry ons toe lughawe toe! My ouers kuier heelweek hier by ons en ons kon nie meer wag nie! Na ons hulle opgetel het, het ons in Longstreet gaan ontbyt eet en ek en Pieter is toe agtergelos daar vir ons eerste "date night" in wat voel soos 'n honderd jaar. Heerlik. By 'n Etiopiese restaurant in Long Street Longstreet in Kaapstad is vol karakter. En dan is daar nogal baie soorte karakters ook wat daar rondhang. Ons het gesien hoe sakkerollers ("pick-pockets") hulle beste aandag-aftrek tegnieke gebruik om hulle besigheid te doen, hoe dwelmverkopers slinks uitvind wie potensiële kliente is, en hoe toeriste met blink oë van winkel na winkel, of restaurant na restaurant stap. Dit is 'n plek wat baie "hip and happening" is, maar tog soveel geheime van lank, lank gelede wegsteek dat dit amper vir my voel ek moet sykouse en 'n mooi hoed dra met rooi lippe en donker geg

Week 43 - Onrus, Hermanus, Stanford en Pearly Beach...(en 'n besoek aan die Parlement)

Prent
Ons is nou al 43 weke lank op die pad. Ons is besig met ons 10de maand op die pad. 43 weke lank weg van die huis af. 43 weke lank lewe ons met net soveel goed soos wat in die kar kon pas. Ons het al amper 35000 km gery. Ons het al in 45 verskillende huisies gebly. Selfie naby die Davies Pool in Onrus Dinsdag het ons 'n besoek aan die Parlement afgelê en gekyk hoe die opposisie partye die SONA van die president uitmekaar skeur en bevraagteken. Daar was baie ander mense ook daar en dit was baie interessant om te sien hoe dinge gebeur in die "huis". Daar was baie dinge wat vir my uitgestaan het. Een ding was hoe klein en maer Julius gelyk het en hoe statig en mooi Mmusi en Cyril gelyk het. Meeste van die nuttelose ministers het verspot gelyk en ek kon ten minste 2 mense sien wat vir my effens gedrink gelyk het. Ek het egter net weer besef hoe gelukkig ons is om nog in 'n demokratiese land te bly. 'n Land waar ons mag kla oor swak diens en korrupsie, en

Week 42 in Afrikaans - Onrus, Stellenberg en Gansbaai

Prent
Maandag oggend het ons wakker geword en - net so - is die reën weg en die son is uit. 'n Perfekte dag vir buite speel. Charma het 'n hele lysie van goed neergeskryf wat ons moet doen. Die eerste een was om die paadjie te gaan stap en in die poel te gaan swem. Al was die son uit, was die water YSKOUD... maar ons is in, en in die proses het ons sommer mooi skulpe ook opgetel. Die Davies Poel Dit is toe egter Maandag in die regte lewe en dus moes daar darem gewerk word ook, so na 'n lekker ontbyt is dit toe boeke toe met ons waar die kinders moes leer van "tornados" en "hurricanes" en in Wiskunde moes ons breuke en somme doen vir 'n vale... teen middagete was ons moeg vir die klomp werk en besluit toe om sommer weer te gaan swem. Die keer stap ons ook verder af met die paadjie tot by die Onrus se strand waar Pieter en Declan intussen opgedaag het met die "surfboards" en die "boogie boards". Onrus Strand Onrus se st

Week 41 in Afrikaans - Die einde van Capri, begin van Stellenberg

Prent
Ons het elke oggend met verlange gekyk na die mooie uitsig vanaf ons balkon uit die paleis en elke prentjie ingedrink voor ons Woensdag aanbeweeg het na ons volgende huisie toe. Maandag oggend het ons lekker laat geslaap (ons was nog uitgeput na ons laasnaweek se klippe spring in die Bainskloof). Ons het egter 'n lekker vol dag se werk en skoolwerk ingekry EN die hele huis van bo tot onder skoongemaak... wat sommer lekker gevoel het vir almal... (nee nie regtig nie, dit was net vir my lekker! hahaha) Dinsdag het ons weer lekker gewerk en die middag het ons gaan branderplank ry by Muizenberg. Vroegoggend op 'n bewolkte Muizenberg strand Muizenberg is vol allerhande soorte mense. Ek het dit op myself geneem om hulle te klassifiseer vir julle... Die eerste klomp val onder die "see mense". Hulle gaan Muizenberg toe vir die see: Onder hulle is die ernstige "surfers" wat gefokus aankom op die strand en so tydjie lank vir die golwe staar. Op die stran