Plasings

Wys tans plasings met die etiket Hermanus

Week 45 - Ons laaste week in Onrus

Prent
Laasweek Sondagaand toe Declan en Pieter gaan surf het by Grotto - het ek, my ma, pa en Charma uiteindelik die "Cliff Path" in Hermanus gaan stap. Al die pad van die ou hawe af tot by Grotto strand. Dit is 'n vreeslike mooi paadjie verby die mooiste baatjies en strande met lekker Afrikaanse name soos "Kwaaiwater", "Skulpiesbaai", "Langbaai" en "Kammabaai". Oral het mense piekniek komberse, tafeltjies en stoele, met 'n bottel wyn en versnapperings uitgepak op die strande en by die bankies om die son te sien sak oor die mooiheid rondom ons. Dit was so spesiaal gewees. Op die "Cliff path" in Hermanus (Google maps sê dis so amper 6 kilometer maar omdat ons lekker rustig gestap het, het ons amper 3 ure lank gestap! Toe voel dit baie lank :-)) Tyd vir 'n breek :-) Maandag het ek en my ma-hulle na middagete gery om oor te slaap in Stellenberg om die volgende oggend 5uur by die lughawe te wees sodat hulle k...

Week 44 - Onrus, Bettiesbaai, Botrivier

Prent
Ons het vroeg opgestaan Maandagoggend en vol opwinding in ons harte, ry ons toe lughawe toe! My ouers kuier heelweek hier by ons en ons kon nie meer wag nie! Na ons hulle opgetel het, het ons in Longstreet gaan ontbyt eet en ek en Pieter is toe agtergelos daar vir ons eerste "date night" in wat voel soos 'n honderd jaar. Heerlik. By 'n Etiopiese restaurant in Long Street Longstreet in Kaapstad is vol karakter. En dan is daar nogal baie soorte karakters ook wat daar rondhang. Ons het gesien hoe sakkerollers ("pick-pockets") hulle beste aandag-aftrek tegnieke gebruik om hulle besigheid te doen, hoe dwelmverkopers slinks uitvind wie potensiële kliente is, en hoe toeriste met blink oë van winkel na winkel, of restaurant na restaurant stap. Dit is 'n plek wat baie "hip and happening" is, maar tog soveel geheime van lank, lank gelede wegsteek dat dit amper vir my voel ek moet sykouse en 'n mooi hoed dra met rooi lippe en donker geg...

Week 43 - Onrus, Hermanus, Stanford en Pearly Beach...(en 'n besoek aan die Parlement)

Prent
Ons is nou al 43 weke lank op die pad. Ons is besig met ons 10de maand op die pad. 43 weke lank weg van die huis af. 43 weke lank lewe ons met net soveel goed soos wat in die kar kon pas. Ons het al amper 35000 km gery. Ons het al in 45 verskillende huisies gebly. Selfie naby die Davies Pool in Onrus Dinsdag het ons 'n besoek aan die Parlement afgelê en gekyk hoe die opposisie partye die SONA van die president uitmekaar skeur en bevraagteken. Daar was baie ander mense ook daar en dit was baie interessant om te sien hoe dinge gebeur in die "huis". Daar was baie dinge wat vir my uitgestaan het. Een ding was hoe klein en maer Julius gelyk het en hoe statig en mooi Mmusi en Cyril gelyk het. Meeste van die nuttelose ministers het verspot gelyk en ek kon ten minste 2 mense sien wat vir my effens gedrink gelyk het. Ek het egter net weer besef hoe gelukkig ons is om nog in 'n demokratiese land te bly. 'n Land waar ons mag kla oor swak diens en korrupsie, en...

Week 41 in Afrikaans - Die einde van Capri, begin van Stellenberg

Prent
Ons het elke oggend met verlange gekyk na die mooie uitsig vanaf ons balkon uit die paleis en elke prentjie ingedrink voor ons Woensdag aanbeweeg het na ons volgende huisie toe. Maandag oggend het ons lekker laat geslaap (ons was nog uitgeput na ons laasnaweek se klippe spring in die Bainskloof). Ons het egter 'n lekker vol dag se werk en skoolwerk ingekry EN die hele huis van bo tot onder skoongemaak... wat sommer lekker gevoel het vir almal... (nee nie regtig nie, dit was net vir my lekker! hahaha) Dinsdag het ons weer lekker gewerk en die middag het ons gaan branderplank ry by Muizenberg. Vroegoggend op 'n bewolkte Muizenberg strand Muizenberg is vol allerhande soorte mense. Ek het dit op myself geneem om hulle te klassifiseer vir julle... Die eerste klomp val onder die "see mense". Hulle gaan Muizenberg toe vir die see: Onder hulle is die ernstige "surfers" wat gefokus aankom op die strand en so tydjie lank vir die golwe staar. Op die stran...