Plasings

Wys tans plasings vanaf Augustus, 2019

Week 70 - Die Vriendelike Stad

Prent
Om te vlieg tussen stede in Suid Afrika, is besig om 'n vorm van normaliteit vir my te word. Te danke aan redelike goedkoop vlugte, en kliënte wat ons dienste nodig genoeg het om te betaal daarvoor. Vlieg is darem maar 'n wonderlike uitvindsel. 'n Mens kan nou binne 2 ure van meeste plekke na meeste ander plekke in Suid Afrika reis. Of nee wag, dis hoe dit lyk, maar dis nie hoe dit regtig is nie. As jy vlieg, moet jy lank voor jou vlug vertrek, al op die lughawe wees. Dan is daar baie tyd wat jy dink jy doen iets, wat jy eintlik net staan en wag. Maar staan en wag is nie so sleg nie. Hulle sê mos dat 'n mens op jou kreatiefste is wanneer jy verveeld is. Jou brein kry kans om af te skakel en net 'n brein te wees. Die Houwhoek Hotel Ek het drie nagte in die Houwhoek Hotel naby Grabouw oorgeslaap. Dit is nouweer 'n ander plek waar kreatiwiteit gevloei het. Ek het hard gewerk deur die dag, natuurlik. En ook vir so rukkie by die hotel om e-posse van die d

Week 69 - Port Elisabeth

Prent
Die stad het nie sy naam gekry van die koningin van Engeland nie - al mag mens vergewe word as jy dalk so gedink het. Port Elizabeth het sy naam gekry as gevolg van een man se liefde vir sy vroutjie. Sir Rufane Donkin se vrou Elizabeth, is oorlede net voor hy Suid Afrika toe gekom het om te dien as die waarnemende goewerneur aan die Kaap. Hy het vir haar 'n piramide opgerig wat oor die hawe uitkyk in wat nou die Donkin Reservaat is en 'n koperplaat op die piramide gesit met die woorde " To the memory of one of the most perfect of human beings who has given her name to the town below." Dit is seker omdat die stad se naam uit liefde gebore is, dat die mense hier so vriendelik is :-) Nadat ons laasnaweek bietjie afgesit is deur die dogtertjie wat haarself sommer net so verlig tussen almal, het ons Maandag na skoolwerk besluit om die stad bietjie te gaan verken. Ons eerste stop was die Tramways gebou. Ons maatjies het vir ons 'n boek gegee oor die besighe

Week 68 - Party van ons moet bietjie werk ook

Prent
Ek het laasweek Donderdag Johannesburg toe gevlieg. Ek het eers gister weer terug gekom. My pa het verjaar en ons het vir hom 'n groot partytjie gehou en ons het baie familie en vriende weer gesien. Op die werksdae tussen toe en nou het ek gewerk en kliënte gesien, want iemand moet dit ook darem doen partykeer... (:-)) Pieter en die kinders het (terwyl ek weg was) Port Elizabeth toe geskuif van Jeffreysbaai af. Dit was vir hulle interessant toe hulle so terloops 'n karwag raakloop wat hier in PE is wat ons eers in Jeffreysbaai ontmoet het. Hy is oppad Oos-Londen toe en beweeg so op kuslangs. Hy het dadelik on swart kar met die brnaderplanke bo-op herken en vir Pieter hulle gaan groet. Ons bly in 'n lekker familie-huis in 'n lekker buurt en dit voel amper asof ons hierheen getrek het. Die mense in wie se huis ons bly is weg vir die maand, so toe besluit hulle om die huis beskikbaar te stel vir toeriste en sommer bietjie inkomste te kry terwyl hulle weg is. Dit

Week 67 - Tyd om aan te beweeg

Prent
Hulle sê mos elke sport het sy beserings. So is dit mos maar net. Om branderplank te ry hou die waarborg in dat jy een of ander tyd sal seerkry. Daar is natuurlik heelwat opsies vir seerkry: Dalk kan jy jou voet oopsny op die rotse,  of miskien kan jy jou kniee dalk stukkend val. Of miskien sal dit net jou rug wees wat bietjie in 'n spasma ingaan van al die ge"paddle". Met die hoeveelheid golwe wat ek egter regkry om te vang is ek verseker uit die gevaarsone uit om regtig seer te kry. Of so het ek gedink. Die groot uitdaging vir my lê daarin om my wetsuit uit te trek. (Die aantrek van 'n droë wetsuit is ek nou al baie goed mee.) Die teorie agter die uittrek van die wetsuit is natuurlik dat jy hom afskil - bietjie soos jy met 'n piesangskil sal maak. Of dalk is 'n beter verduideliking 'n sykous... Ek begin byvoorbeeld deur die rits agter op my rug af te trek en dan eers die een arm uit te trek. Die tweede arm is dan gevaarlik - veral vir jou neus -