Week 33 in Afrikaans - Stellenbosch, Paarl, Taalmonument
Hierdie week was nogal besig werksgewys en tussenin het Declan vertrek op wat seker een van die grootste avonture van sy lewe sover is. Hy het al die pad van Stellenbosch af saam met sy niggie gery, oorgeslaap op Beaufort Wes en tot in Pretoria die volgende dag. My mamma hart was maar bekommerd met tye maar tegnologie het my toegelaat om die heeltyd te weet waar hy is (google maps location sharing en natuurlik whatsapp boodskappe). Van daar af was dit 'n effense logistieke uitdaging om hom van punt na punt te kry tussen Donderdag en Maandag waartydens hy darem by 4 maatjies kon speel, en oorslaap by 3 verskillende huise voordat hy Maandagoggend (more) veilig by my sussie sal aankom in Meyerton om verder daar te kuier. Dankie tog vir goeie vriende en familie in Gauteng wat gehelp het met al die reëlings! Nou is dit net ons drietjies wat oor is in Stellenbosch en dit is maar vervelig sonder hom om die minste te sê! Vrydag kon ons onsself darem wegskeur van ons ...