Plasings

Wys tans plasings met die etiket safari

(Week 12 - In Afrikaans) - Hluhluwe-Imfolozi park, St Lucia en Isimangaliso

Prent
Ons het Maandag die hele dag by die Hluhluwe-Imfolozi Park spandeer. Buiten die renosters, olifante, rooibokke en ander groot wild, het 'n dassievoël vir ons gesing by een van die skuilings. Dit is 'n pragtige park, omring met heuwels en die mooi Imfolozi rivier wat kronkelend deur die park vloei. Dinsdag het ons die boonste deel van die park besoek, en oppad soontoe het 'n tierboskat oor die pad gehardloop! Dit was nie eers in die park nie, dit was net buite St Lucia! Ek het daai dag bokkies gesien wat ek nog nooit voorheen gesien het nie, en dit was so lekker om saam met die kinders alles op te soek in ons diere-boek. Dit was 'n ysige dag Dinsdag, en Pieter het 5uur opgestaan om vir ons 'n lekker vleis-pot aan die gang te kry. My skoonsus het vir ons 'n "wonderbag" persent gegee voor ons uit Pta is en die pot is in die wonderbag gehou heelpad deur die wildtuin. By een van die piekniekplekke het ons gestop en heerlike warm kos geëet vi...