Plasings

Wys tans plasings met die etiket Pietermaritzburg

(Week 9 - In Afrikaans) - Durban, Pietermaritzburg, vallei van 1000 Heuvels

Prent
So vandag toe ons terugry huistoe was dit interessant om te sien hoe opgewonde ons was om "huistoe" te gaan. Dit wys jou net hoe aanpasbaar ons kan wees dat ons klaar so tuisvoel in hierdie woonstel! Maandag het ons toe die haai-ding gaan doen. Ons was vroeg op en het op Wilson's wharf gewag en gehoop die KZN sharks board daag op. Hulle was bietjie laat, maar ons het darem nie te lank gewag in die donker nie. Dit was net ons en 3 uitruilstudente van Ierland wat op die bootrit gegaan het. Hulle het gelyk of hulle al lekker moeg is vir uitstappies en nie meer kan wag om terug te gaan huistoe nie. Die boot het 'n dek bo gehad en ons almal het daar gaan sit vir 'n beter "view". Net 'n entjie in, toe raak Charma benoud en ek en sy gaan sit toe maar onder. Ek het amper gedink dit was 'n slegte plan om uit te gaan met die boot maar toe kom daar hordes dolfyne verby! Sy vergeet toe gelukkig van haar vrese en is toe konstant op die uitkyk vi...