Plasings

Wys tans plasings met die etiket skulpies

Week 61 - St Francisbaai, Kaap St Francis en Oesterbaai

Prent
Dit gebeur nie baie dat golwe my nie intimideer nie, maar Maandag was so 'n dag. Ek en Charma kon altwee by die "backline" uitgepaddle kom en die golwe het meestal sag en vriendelik gebreek. Dit het so lekker gevoel en ons het branderplank gery totdat ons naderhand nie meer ons arms kon beweeg nie. Ek voel net elke keer half ingedoen as ek so 'n lekker golf gery het en ek kom op uit die water uit en niemand "cheer" vir my nie. Dit het so amazing gevoel dat ek amper gevoel het almal op die strand moes vir my 'n staande ovasie gegee het... nouja - in my kop voel dit natuurlik baie meer "epic" as wat dit lyk. Dit is regtig die waarheid. Pieter het noudiedag my afgeneem toe ek so paar golwe gevat het, en toe ek uiteindelik die video's kyk kon ek nie glo dat DIT was hoe ek gelyk het nie! Dit was asof die video gelieg het, want dit het baie "cooler" gevoel as wat die video's dit uitgebeeld het ... By St Francisbaai As die we...