Plasings

Wys tans plasings met die etiket south africa

Week 57 - Ons laaste volle week in Plettenbergbaai

Prent
Hierdie week het ons baie werk (WISKUNDE) gehad om te doen, maar tussenin het ons opgelees oor haaie, geleer hoe loeries sing en hoe om stories beter te vertel. So tussendeur die tafels en tellery het die kinders ook geleer hoe om vloere ordentelik te vee en badkamers skoon te maak... 'n mens kan regtig so baie doen met tuisskolery :-) Wiskunde ... Dinsdag het ons gery na die Forest Hall Estate toe om vir Pieter (of Piet) te ontmoet. Hy bestuur so paar sulke pragtige ou plase hier in Suid Afrika vir oorsese mense en was vriendelik genoeg om ons toe te laat op hierdie een naby Plettenbergbaai. Die huis dateer uit die 1800's uit en is omskep in gastekamers vir mense wat stylvol en geseënd is (ons is ook natuurlik geseënd, maar ek bedoel op 'n spesifieke geldelike manier geseënd :-)). Al die geboue op die plaas is dieselfde mee gedoen en mens kan heerlike samekomste op hierdie pragplek vier. Die mooi groot huis op Forest Hall Estate Ons was egter daar vir die st...

(Week 16 in Afrikaans) - Terug op die plaas

Prent
Vir die eerste keer in 16 weke het ons 'n redelike "normale" week gehad. Ons is weer hier op die plaas uitgespan, en dit voel amper of ons 'n breek het van ons toer. (Nie dat ons dit nodig het nie!)  Ek het die week lekker tyd gehad om skool te gee en bietjie op te vang waar nodig. Dit lyk in die nuus asof ons regering wil stywer beheer neem oor die tuisskolers ook en ek is 2 keer gekontak deur die departement van onderwys vir dokumente wat blykbaar nie ontvang is deur hulle toe ek geregistreer het as tuisskoler nie (alhoewel my applikasie volledig was). My liefste dogtertjie se oorbelletjies wat sy vir haar verjaardag gekry het se stoppertjie het binne in haar een oor vasgesit. Dit het my amper 2 weke geneem om agter te kom... ek dog net dis snaaks dat die oorbelletjie so vassit... eers toe ek uiteindelik die oorbelletjie uit het toe besef ek die rubber stoppertjie is wat hom so vasgehou het... Dit moes toe natuurlik ook uit en na 'n paar dae lank se gesp...

(Week 14 - In Afrikaans) Laaste week in Mtunzini

Prent
So hierdie week het ons onsself in 'n baie bevoorregde posisie bevind en dit ten volle benut. Wat kan nou nog meer bevoorreg wees as om deur die land te toer? Wel, natuurlik om oupa en ouma by jou te hê om die kinders bietjie dop te hou terwyl mamma en pappa gaan "galavant"! My ma hulle is ongelukkig Vrydag huistoe, so die voorreg was net 'n klein rukkie 'n werklikheid... Maandagoggend het ek en Pieter gaan fietsry in die bos en deur die natuurreservaat. Ons het baie bokkies gesien en spore van watermuishonde en zebras en apies.  Ek het uitgekyk vir krokodil spore en het gelukkig nie een raakgesien nie! Dit was heerlik om fiets te ry, veral omdat al die paadjies papnat was van die vorige week se nat weer (*grappie*). Wat nog lekkerder was, was dat ons 'n "kortpad" gekry het deur 'n vlak deel van die rivier. Pieter het voor gery en nadat ek hom bietjie dopgehou het om te sien of hy gaan vassit en om dop te hou of ek dalk 'n krokod...

(Week 13 - In Afrikaans) - Ons is in Mtunzini

Prent
Mtunzini is eintlik baie naby aan Tugela Mouth, so toe ons 10uur Maandagoggend daar wegtrek het ons lank voor 2uur hier aangekom, selfs met die stop tussenin in Richardsbaai om die wiel reg te maak en inkopies te doen. Ek het nie gedink ons sou vroeër kon inkom as 2uur nie maar die mense was vriendelik en het ons ingelaat. Die lekkerte waarna ons almal uitgesien het was dat ons weer bietjie my ma en pa sal sien, en NOG 'n bonus was dat die kids se nefie Nikolai ook saam sou kom!  Ons kom nou al die laaste 7 jaar omtrent elke jaar saam met my ma hulle hierheen in die winter vakansie. Terwyl dit onder vriespunt is in Gauteng, loop ons dan lekker met kortmoue rond hier by die see. Ons is feitlik binne in 'n natuurreservaat (Umlalazi) en die natuurlike woud wat elke houthuisie omring laat dit voel asof jy nie naby ander mense is nie. Toe ons die eerste keer in hierdie houthuisies gebly het, was een van Declan se gunsteling stories "Die 3 klein varkies". Ons het hard...

The Plan

Prent
Introduction to our adventure 2017 was not an easy year. Our son went to Grade 4, which meant that there was no longer one loving teacher who got to know each little person in her class and build a relationship with them.. instead there were MANY different teachers and new subjects and ...EXAMS!! All of a sudden he was forced into growing up a little faster and learning about hard work and doing things because you HAVE to and not because you WANT to. This was challenging. Mr Cloete turned 40. I am not saying that there were any signs of a mid-life crisis... I am just saying it was as if something  was different. Frustrations grew from little nothings into mountains. Also a challenge. My little girl started school (Grade R) and she quickly became aware of a bigger badder world out there and that was also challenging. I started feeling a little less excited about my job (my own business - we do payroll - check out our website here ). Having done the same work for ...