(Week 14 - In Afrikaans) Laaste week in Mtunzini
So hierdie week het ons onsself in 'n baie bevoorregde posisie bevind en dit ten volle benut. Wat kan nou nog meer bevoorreg wees as om deur die land te toer? Wel, natuurlik om oupa en ouma by jou te hĂȘ om die kinders bietjie dop te hou terwyl mamma en pappa gaan "galavant"!
My ma hulle is ongelukkig Vrydag huistoe, so die voorreg was net 'n klein rukkie 'n werklikheid...
Maandagoggend het ek en Pieter gaan fietsry in die bos en deur die natuurreservaat. Ons het baie bokkies gesien en spore van watermuishonde en zebras en apies.
My ma hulle is ongelukkig Vrydag huistoe, so die voorreg was net 'n klein rukkie 'n werklikheid...
Maandagoggend het ek en Pieter gaan fietsry in die bos en deur die natuurreservaat. Ons het baie bokkies gesien en spore van watermuishonde en zebras en apies.
Ek het uitgekyk vir krokodil spore en het gelukkig nie een raakgesien nie! Dit was heerlik om fiets te ry, veral omdat al die paadjies papnat was van die vorige week se nat weer (*grappie*). Wat nog lekkerder was, was dat ons 'n "kortpad" gekry het deur 'n vlak deel van die rivier. Pieter het voor gery en nadat ek hom bietjie dopgehou het om te sien of hy gaan vassit en om dop te hou of ek dalk 'n krokodil sien, toe volg ek hom maar uiteindelik.
Ek was egter bietjie te haastig want toe ek by hom kom toe sit ons altwee skielik vas! Ons skoene en ons fietse was so vol modder, en toe ons aan die "anderkant" kom sien ons dat ons onsself nou net mooi op 'n sandbank in die middel van die rivier bevind! Toe moes ons al die pad weer terug "sjloef" en al te lekker vol modder die pad terug trotseer. Teen die tyd wat ons weer by die huisie gekom het, was dit al 11uur!!
Skool het die week bietjie agtergeblewe geraak en die kinders het vry en wild rondbaljaar. Hulle was geinspireer om 'n fort te bou van stokke en modder en die eindproduk is so stewig dat dit al heelweek regop staan. Hulle het heerlik gespeel en allerhande "skatte" ontdek.
Skool het die week bietjie agtergeblewe geraak en die kinders het vry en wild rondbaljaar. Hulle was geinspireer om 'n fort te bou van stokke en modder en die eindproduk is so stewig dat dit al heelweek regop staan. Hulle het heerlik gespeel en allerhande "skatte" ontdek.
Ons het elke dag in die bos gaan stap en fietsgery en daar is so baie paadjies hier dat daar nogsteeds paadjies is waarop ons nie gery het nie.
Die afdraendes is al banger vir my as wat ek vir hulle is en al wat my nou nog ore aansit is die opdraendes! Darem sukkel Charma elke keer saam met my, so ons praat mekaar moed in.
Seker die grootste gebeurtenis van die week was dat Charma en haar nefie Nikolai verjaar het. Ons het 'n heerlike fees gehou die hele Donderdag en selfs 'n video oproep gereël gekry met haar graad 1 klas! Hulle het vir haar gesing en saam fees gevier. My maatjie Michelle het cupcakes vir die hele klas gevat en Charma was letterlik stomgeslaan toe sy dit alles beleef en sien. Dit was goed om so te kon "connect" met die skool en veral die maatjies.
Gister het ons die oer oue Dlinza woud in Eshowe gaan besoek. Hulle het 'n "aerial boardwalk" wat jou tot bo in die boomtoppe laat klim. Dit was asemrowend mooi en ons het 'n pieklein bokkie, 'n Suni gesien. Hy is omtrent so groot soos ons hond Bolt.
Daarna is ons na die Museum Village toe waar Fort Nonqayi staan. Dit is nogal 'n hartseer storie. Die "Nonqayi" was die zulu polisiemag wat saamgestel is nadat die britte die zulus verower het in die anglo zulu oorlog. Dit was vir die trotse zulu nasie (wat eintlik nog maar jonk was - Shaka het hulle so magtig laat word van die 1820's af, so hulle was maar so 50 jaar lank 'n magtige nasie gewees) vreemd om gewoond te raak aan die gebruike van die britte. Om gepolisieer te word deur mense en nie net onder die bevel van die koning te wees nie was 'n aanpassing asook om die europese klere te moet dra. Nadat koning Cetshwayo se kraal afgebrand was in Ulundi, was die mense verlore sonder hulle koning en om gepolisieer te word deur wie vir hulle soos veraaiers moes wees, was sekerlik net nog 'n vernedering. Die fotos van die polisiemanne spreek ook boekdele van depressie en woede.
Wat baie mooi was is die museum wat hulle opgerig het vol zulu kunswerke. Die geweefde mandjies en kralewerk en kleipotte. Elkeen met die kunstenaar se "handtekening"- 'n kruisie in 'n "v" op die rand van die mandjie of 'n bodem geweef op 'n sekere manier. Daar was 'n ou tannie wat van die zulu volksverhale vir die kinders vertel het in gebroke engels, hulle het dit alles in hulle dagboeke opgeskryf en Declan is nou geinspireer om allerhande dinge te maak.
Ons het een laaste keer gaan fietsry vandag (tussendeur die oppakkery en wasgoed was) en Declan en Charma het lekker geval..Declan van die bruggie af in die moerasse in en Charma net nadat sy uitgeroep het "I am a champion!" by 'n baie styl bult af! Darem het nie een van die 2tjies eintlik seergekry nie.
Ons gaan more van hier af ry Ulundi toe vir so paar dae en sal dan in die binneland wees tot einde Augustus.
Opmerkings